Hoedspruit Wildlife Estate 266 (Indlovu Lodge)
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoedspruit Wildlandgoed, Rotsvry 266, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R7 900 per nag, vir 13 mense
Beskrywing
Hoedspruit Wildlife Estate 266 (Indlovu Lodge) is 'n selfsorg-dubbelverdiepinghuis met 2 balkonne en 'n panoramiese uitsig oor die wildlandgoed waar 'n oorvloed van wild te sien is. Hier kan gaste uitspan en die oneindige bosveldvlaktes met die Drakensberg-berge in die agtergrond bewonder.
Die huis is geskik vir 13 gaste. Daar is 5 ruim slaapkamers, 2 badkamers binne, 'n buitelugstort en 2 aparte toilette in die kuierarea.
Die oopplan-kombuis is met genoeg eetgerei, breekware en kookgerei toegerus. Daar is ook 'n vierplaatstoof, oond, mikrogolfoond, 2 dubbelyskaste en 'n vrieskas. Daar is ook 'n wasmasjien. Die sitarea het 'n TV met Netflix, WiFi en YouTube. Daar is ook 5 lugversorgings regdeur die huis.
'n Dubbel- en enkelparkeerplek is beskikbaar. Daar is genoeg parkeerplek vir ten minste 5 voertuie.
Die huis het sy eie swembad wat met die dek ingesink is. Daar is ook 'n lapa met 'n binnebraai en 2 toilette wat as 'n konferensie-area gebruik kan word. Die braai-area aan die agterkant van die huis is geskik vir kinders waar ouers 'n ogie oor hulle kan hou.
Gaste kan saans om die die ingesonke boma saam met vriende en familie kuier.
Die landgoed strek oor 680 hektaar en elke lodge of huis is op 'n hektaar-plot geleë. Toegang word streng gemonitor via 'n sekuriteitshek met 24 uur-toegangsbeheer. Die landgoed is net 100 m buite Hoedspruit en is naby talle restaurante, kroeë en winkels. Daar is verskeie aktiwiteite soos perdry, wildritte, voetslaanpaaie en bergfietsryroetes beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
3 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Landie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 38
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Hoedspruit Wildlandgoed, Rotsvry 266, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Hoedspruit Wildlife Estate 266 (Indlovu Lodge) het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoedspruit Wildlandgoed, Rotsvry 266, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang