Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hoekkraaltjie Farm

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 30 Apr 2024 tot 12 Des 2024.

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R315, Jacobuskraal Natuurreservaat 15, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 454 R1 236 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Hoekkraaltjie Farm bied selfsorgverblyf op 'n kwartel- en beesplaas in die Jacobuskraal Natuurreservaat aan die Weskus. Die reservaat is die ideale plek vir 'n rustige vakansie naby Yzerfontein se strand.

Die plaas bied slaapplek aan paartjies of gesinne van tot 9 gaste. Daar is 3 gastekamers wat onderskeidelik slaapplek aan 2, 3 en 4 gaste bied. Elke kamer het 'n privaat ingang en 'n en suite-badkamer met bad- of stortgeriewe.

Gaste deel die gemeenskaplike braai-area waar daar ook 'n etenstafel vir 6, 'n yskas, ketel en 'n broodrooster is. Ander geriewe sluit parkeerplek op die perseel, gratis WiFi, handdoeke, haardroërs, braaitoerusting en 'n kombuis in wat met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus is. Die eienaars voorsien muesli, jogurt, vars vrugte en tee- en koffiemaakgeriewe wat gaste in die ontbytkamer kan geniet. Die huis spog met stoepe, 'n dek, 'n toegeboude tuin en 'n swembad wat gaste kan benut.

Die privaat natuurreservaat wemel van flora en fauna en gee gaste die kans om wildsbokke, skilpaaie en ander wild te sien. Ander besienswaardighede in die omgewing sluit wynplase, 'n olyfplaas, brouerye, wildreservate, die Weskus Nasionale Park, restaurante en strande in. Gedurende Augustus en September kan gaste ook die veldblomme bewonder.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Mariaan Geverifieer

Eiendomme 45

Resensies 347

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • R315, Jacobuskraal Natuurreservaat 15, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 454
R1 454 R1 236
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 454
R1 454 R1 236
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R315, Jacobuskraal Natuurreservaat 15, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAea14ed48a59a08833bfe0eabc454b9faa674ab58f3d4ee5c9f522efa6272136bf377718aef337528893cce00de9e41f2cc68?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 454 nouVanaf R1 236 per nag (plek vir 2) R315 15 Jacobuskraal Nature Reserve 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -33.3357028 18.2176667

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang