Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Strand Holiday Cottage

Selfsorg

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Goed

Netheid
3.5
Ligging
5.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
3.0
Veiligheid
5.0
Ronel R
Kort verblyf Saam met vriende
2.8
Feb 2023

Die verblyf was onaanvaarbaar. Die huis op DIE webtuiste is nie die huis waarin ons gebly het nie. Die eienaares het erken dit is 'n ander huis. Dit was by 22 Lincolnstraat. Die kombuis was 'n gang wat omskep is. Die breete vir beweging was die breete van die stoof. Daar was nie werkoppervlakte nie, tensy die "breakfast nook" inaggeneem word. Dit was 'n oppervlak van ongeveer 1. 2m by 800cm. Die ketel en koffie was ook daarop, sowel as ons eie items. Die yskas is 'n klein yskassie wat met die hand goud geverf is en baie sleg lyk. Daar is nie warm water in die kombuis nie. Die hoof badkamer het slegs 'n koue kraan by die wasbak. Die badkamermatjies was oud en uitgerafel. Met die 2de badkamer se stort het ek gevoel ek moet "flipflops" aantrek om te stort. Daar was nie seep of toiletspuit nie. Daar was nie voorsiening gemaak vir beurtkrag nie. Die 2de slaapkamer het nie 'n kantgordyn gehad nie, dus moes die skuifdeur of gordyn ten alle tye toe wees, anders kon inwoners van 'n woonstelblok direk inkyk. Die agterplaas was vuil. Daar het uitgedroogte stukke sunlightseep gelê. Die banke in die sitkamer se verf het afgedop. Die kantgordyne was nog op die outydse rek wat gebruik is vir kantgordyne en het in 'n "loop" uitgesteek onder die gordynkap. Ons het 8 gestehuise gebly en al die ander het vol graderings van my ontvang, dus is ek nie 'n moeilike mens om tevrede te stel nie. Ek het die heletyd vir my familie van België omverskoning gevra. Gelukkig het hulle die foto's gesien.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
1.0
Lizette
Strand Holiday Cottage
Omrede jy op die laaste minuut bespreek het ek die plek beskikbaar gekry vir julle. Miskien is die verf van die rusbank n bietjie af en díe badkamermatjies al 'n bietjie verweer maar tog Silwerskoon. So ook die agtererf - 'n ou stukkie uitgedroogde sunlightseep maak tog nie "vuil" nie. Die venster waarvan jy 'n kantgordyn voor wou hê is ge-"tint" sodat jy nie vir buite na binne kan insien nie. Yskas is nie met die hand geverf nie. Die stort wat jy met floppies wil gebruik is nuut oorgedoen. Die hele plek is 2 maande gelede gerestoreer, modern en nuut geverf. Jy het die helfde minder betaal as wat jy sou betaal het in die plek wat jy oorspronklik wou hê en al verskil is die klein kombuis.

Wendy V
Kort verblyf
5.0
Des 2022

Comfortable, clean and conveniently situated. The host was very accommodating and friendly. We thoroughly enjoyed our stay. Only a short walk to the lovely beach, but far away enough not to be bothered by beachgoers. We were a party of 5 adults and all found it very comfortable.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lizette
Strand Holiday Cottage
Dankie vir die mooi resensie, Wendy.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.9/5

Lizette Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 2

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 2 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hofmeyerstraat 44, Strand, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbRFyyzlL5UdyT60zozTwWEIUOhrxPd3oTWR8wbNpXoXXm2Zt8i?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6) 2 5 1 4 44 Hofmeyer Street Strand 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.119379205224 18.832885790178

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang