Holiday Beach House
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kelkiewynsingel 26, Laaiplek, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
- Vanaf R4 900 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Holiday Beach House bied ruim en gerieflike selfsorgverblyf in Laaiplek, Velddrif, en dit spog met 'n ononderbroke see-uitsig. Die strandfront-vakansiehuis is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed. Dié kamers het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is oopplan met die leefarea en dit is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, gasstoof, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het 'n TV met Openview DStv, 'n etenstafel, sitplek en 'n skuifdeur wat na die onderdakstoep lei.
Gaste het toegang tot gratis WiFi, veilige parkeerplek, 'n braai-area op die onderdakstoep, sitplek en toegang tot die strand.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Charlene Geverifieer
Eiendomme 11
Resensies 17
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Kelkiewynsingel 26, Laaiplek, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kelkiewynsingel 26, Laaiplek, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang