Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Holiday House on Kloof 35704

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kloofstraat 5, Bothastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 700 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Holiday House on Kloof 35704 is 'n ruim selfsorghuis met slaapplek vir 8 gaste in 'n beveiligde deel van Bothastrand.

Dié dubbelverdiepinghouthuis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Drie van die slaapkamers is op die eerste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Dié slaapkamer lei na 'n dek met 'n berg-uitsig.

Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed. Beide slaapkamers lei na 'n dek met 'n see-uitsig en deel 'n badkamer met 'n stort en 'n spa-bad. Die slaapkamer op die onderste verdieping het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis, ingeboude braaigeriewe, eetarea en leefarea is op die boonste verdieping en lei na 'n balkon. Die kombuis is met 'n dubbelyskas, gasstoof, mikrogolf, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Die onderste verdieping het 'n tweede sitarea met 'n TV en die volle DStv-pakket, asook 'n binnebraai. Daar is ook 'n tweede kombuisie met 'n werkarea, yskas, en 'n wasmasjien. Daar is ook 'n enkelmotorhuis. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie en rook is verbode.

Gaste kan die strand besoek en swem, visvang, of walviskyk in seisoen.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 5 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Spa-bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.9/5

Amanda Geverifieer

Eiendomme 25

Resensies 3

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Kloofstraat 5, Bothastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 700
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 4 700
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kloofstraat 5, Bothastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6fdea4ec272453a585d18f93440c4c64ec670d74e2e373a8dfdc0e3e0f0e131f10f012113f1620982ed9f3fb8764a3be0dd9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 700 per nag, vir 8 mense 5 Kloof Street Bothastrand 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.050567 22.275504

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang