Holiday House on Kloof 35704
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kloofstraat 5, Bothastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Vanaf R4 700 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Holiday House on Kloof 35704 is 'n ruim selfsorghuis vir tot 8 mense in 'n groot deel van Bothastrand.
Die houthuis met 2 verdiepings beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Drie van die kamers is op die eerste verdieping geleë. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet; die kamer maak ook oop op 'n dek wat oor die berg uitkyk.
Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en die derde kamer is ingerig met 'n ekstra-lengte koningingrootte-bed. Albei kamers maak oop op 'n dek met 'n see-uitsig, en die kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort en 'n spa-bad. Die kamer op die grondvloer is ingerig met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Gerieflikheidshalwe word alle linne voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie strand- en badhanddoeke saambring.
Die eerste verdieping beskik oor 'n oopplan-kombuis, 'n ingeboude braai, 'n eetarea asook 'n sitkamer en maak oop op 'n balkon. Die kombuis is toegerus met 'n dubbeldeur-yskas, 'n gasstoof, en 'n mikrogolfoond, asook tee- en koffiemaakgeriewe.
Op die grondvloer is daar 'n tweede sitarea met 'n TV met volledige DStv, asook 'n binnebraai-area. 'n Tweede kombuisie met 'n werkstasie, 'n yskas, sowel as 'n wasmasjien, is ook beskikbaar. Hierdie vloer bied ook toegang tot die enkelmotorhuis. Troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie, en rook word nie in die huis toegelaat nie.
Gaste kan die strand besoek vir swem, visvang, of walviskyk in seisoen.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Spa-bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
3.9/5
Amanda Geverifieer
Eiendomme 26
Resensies 3
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Kloofstraat 5, Bothastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Bothastrand Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kloofstraat 5, Bothastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang