Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Home with a View

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 76, Piketberg, 7320, Wes-Kaap
  • Vanaf R990 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

Home with a View is in Piketberg en bied ’n uitsig op die Sederberge. Hierdie ruim woonstel vorm deel van die eienaar se huis, maar bied steeds privaatheid in ’n stil en rustige area.

Hierdie woonstel bied verblyf aan 3 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met ’n dubbelbed en ’n enkelbed in die leefarea. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet, asook 'n aparte deur wat na die leefarea lei.

Daar is ’n kombuis wat ten volle toegerus vir selfsorg is met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die kombuis lei na ’n sitarea. Gratis WiFi is beskikbaar. Die verblyf het ononderbroke kragtoevoer wat die WiFi tydens beurtkrag aanhou, asook 'n gaskookplaat en herlaaibare lige.

Daar is ’n braai wat gaste kan gebruik terwyl hulle die uitsigte op die berg geniet. Hierdie woonstel is naby wynplase, winkels en restaurante.

Geen partytjies, luidrugtige TV/radio en geraas na 22:00 word in die woonstel toegelaat nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Melvyn N
5.0
Was 'n lekker kuiertjie. Blyplek was soos voorgestel. Baie netjies en ruim. Alhoewel ons net oornag het, het ons lekker gebly.
Sep 2024
Marietha M
5.0
Baie gerieflik en ons kon heerlik ontspan en rus na 'n lang dag op die pad. Ek en my pa het saamgereis. Die wooneenheid was pragtig skoon en netjies m...
Sien meer
Sep 2024
Ruzanne E
Gesin met klein kinders
5.0
Platteland gasvryheid. Vriendelike ontvangs, die gasvrou gaan regtig uit haar pad om alles vir jou so gemaklik en lekker te maak. Die woonstel is baie...
Sien meer
Aug 2024
Pauline B
5.0
Baie ruim en goed toegeruste akkommodasie! Vriendelike ontvangs, en heerlike gasvrye verblyf!
Jul 2024
Cheryl V
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, netjies vriendelike diens. Ons het vreeslik lekker gebly. Die plek was baie skoon, netjies en het alles gehad wat ons nodig gehad het. Die eien...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Nicoline Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Voortrekkerstraat 76, Piketberg, 7320, Wes-Kaap
  • Gaste dink Home with a View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Piketberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 990
per nag, vir 3 mense
Vanaf
Vanaf R 990
per nag, vir 3 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 76, Piketberg, 7320, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0dc5f6ee67df34d6c6bba5245795241cd2cdd27837a1cffe6412dc9d9e5a19bbb5c47d8a8201fa6c94ebf78757fe16f1bef4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag, vir 3 mense 31 5 1 5 76 Voortrekker Street Piketberg 7320 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -32.913731135976 18.754890030748

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang