Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Honey Lodge

  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaallaagteweg 122, Dinokeng Wildreservaat, Pretoria, 0001, Gauteng
  • Vanaf R945 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Honey Lodge is in die Dinokeng Wildreservaat geleë en bied selfsorgverblyf aan individue, paartjies, gesinne en groepe. Jy kan wildkyk vanaf die lapa wat ook 'n lieflike uitsig oor die Kaallaagtevallei stroompies en damme bied. Honey Lodge is 50 km noord van Pretoria en 108 km van Johannesburg af. Daar woon 2 katte op die perseel en hulle is vriendelik met gaste.

Daar is 7 en suite-gastekamers met slaapplek vir 19. Elke kamer het 'n yskas, lugversorging en 'n kluis. Die hoofhuis het 'n gemeenskaplike kombuis wat volledig toegerus is en 'n gemeenskaplike sitkamer met sekere DStv-kanale. Die sitkamer lei na 'n stoep. Daar is ook WiFi, 'n lapa met 'n gasbraai en 'n swembad. Gaste deel al die gemeenskaplike areas.

Die boma is ideaal as jy saans voor die vuur wil sit omring deur die natuurklanke. Bedags kan jy 'n selfry-wildrit (6 km) op Honey Lodge se perseel aanpak, of luilekker in of langs die kindervriendelike, verhitte swembad ontspan. Jy kan ook die bosveld van die swembad af bewonder. Die lodge en die Dinokeng Wildreservaat is 'n voëlkykparadys en daar is 'n voëlkyk-skuiling. Die area is malaria-vry, en net 97 km vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe en 102 km van Lanseria Internasionale Lughawe af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Swembad

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 55 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.3
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Natacha D
Gesin met klein kinders
5.0
Rustige en veilige omgewing. Nora en Lukas was baie vriendelik en baie hulpvaardig. Ons het baie lekker gebly daar.
Sep 2024
Deon V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Baie lekker gebly. Gerieflik. Lekker stil. Perfek geleë.
Aug 2024
Kgosi M
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderful. It was a pleasure. I loved it. It served its intended need.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Linda F
5.0
Rustig en vreeslik mooi. Ja, beslis. Gerieflik naby aan Camp Discovery. Als netjies skoon.
Mrt 2024
Peter S
Saam met lewensmaat
5.0
Very relaxing. Elizabeth is a charming host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Stephanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 55

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Kaallaagteweg 122, Dinokeng Wildreservaat, Pretoria, 0001, Gauteng
  • Gaste dink Honey Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 945
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 945
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kaallaagteweg 122, Dinokeng Wildreservaat, Pretoria, 0001, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAtdLRxz2UHhfdZQrGjpEbBXW3L1ljjpR7o5AzGLhXFfMQJknR9t?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R945 per nag (plek vir 3) 55 5 1 5 122 Kaallaagte Road - JR Dinokeng Game Reserve 0001 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.400517 28.361361

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang