Honeyguide Tented Safari Camp - Ranger Camp
- Kapasiteit: 30 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sterkrivier 23, Entabeni Wildreservaat, Limpopop, 0630, Limpopo
- Vanaf R7 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Honeyguide Tented Safari Camp - Ranger Camp skuil in die Entabeni Reservaat in die Waterberg Biosfeerreservaat, wat malariavry en 'n Wêrelderfenisgebied is.
Dié kamp bied wild-ervarings, insluitende die Groot 5, ongelooflike voëlkykgeleenthede en puik kookkuns. Die reservaat bied 'n tuiste vir 5 verskillende ekosisteme, grootwild, en ongelooflike natuurtonele.
Ranger Camp se 15 tente staan in die reservaat se lowerryke plantegroei en bied 'n Groot 5- en safari-lewenstyl in die natuur. Al die tente is verhewe en het privaat badkamers en buitestorte. Elke tent het 'n grasdak en 'n privaat stoep waarop jy in jou safari-stoel kan sit met 'n drankie en die sterre bewonder of vir die wild kyk wat hulle eie gang gaan in die heininglose kamp.
Ranger Camp se kookkuns is definitief 'n hoogtepunt. Dit word gemeenskaplik bedien en gewoonlik by die lang tafel in die buitelug genuttig. Plaaslike produkte word gebruik om tuisgemaakte geregte voor te berei en dit word pragtig voorgesit.
Die professionele veldgidse bied vroegoggend- en laatmiddagsafari's in oop wildkykvoertuie. Skemerkelkies en 'n asemrowende uitsig op die Geelhoutkloof is ingesluit by die laatmiddag- en aandsafari's.
Kenmerke
Geriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Alle Etes Ingesluit
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Stephan Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 1
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Sterkrivier 23, Entabeni Wildreservaat, Limpopop, 0630, Limpopo
- Gaste dink Honeyguide Tented Safari Camp - Ranger Camp het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 30 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sterkrivier 23, Entabeni Wildreservaat, Limpopop, 0630, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang