Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hoogwater Huis

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
    4 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: High Level-weg, Plaas 105, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 995 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Hoogwater Huis is 'n unieke en rustieke strandfronthuis ongeveer 6 km vanaf Pringlebaai. Dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek en word deur pragtige rostpoele, strande en berguitsigte omring.

Die selfsorghuis is geskik vir 4 volwassenes en 4 kinders. Daar is 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Elke kamer spog met 'n see-uitsig en gaste deel die badkamer wat 'n bad en stort het.

Die oopplan-leefarea is op die eerste verdieping en die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Die kombuis lei na 'n sessitplek-etenstafel en die sitarea het 4 dagbeddens en 'n kaggel. Daar is ook 'n hoekie met boeke wat gaste kan lees.

Die oorspronklike sandsteenklippe rondom die huis skep 'n unieke atmosfeer en daar is braaigeriewe wat gaste kan benut. Dié huis is perfek vir vakansiegangers, maar ook vir gaste wat troues, films en ander funksies in die area wil bywoon.

Let asb. dat die huis slegs via 'n 4x4-voertuig bereik kan word. Alternatiewelik kan gaste ongeveer 200 m vanaf die huis parkeer en met hul bagasie na die huis loop.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

4

4 x Kinderbank vir 1

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Anneke Geverifieer

Eiendomme 27

Resensies 107

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • High Level-weg, Plaas 105, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 995
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 5 995
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
    4 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: High Level-weg, Plaas 105, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA69183c694ca112b6461558a9e0d9725f785d40d4773b1c968a60a327d70ca384ca5a922ba43399d0cb7f62d4a9672811dcc9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 995 per nag (plek vir 8) High Level Road Farm 105 7196 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.379011838661 18.83384824986

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang