Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hook Shot Manor

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Silwerstrand-boulevard 48, Silwerstrand Golf and River Estate, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Vanaf R8 825 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Hook Shot Manor bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike tuiste met luukse afwerkings op die Silwerstrand Gholf- en Rivierlandgoed in Robertson. Die huis is ideaal vir 'n gesin of paartjies.

Hierdie huis is smaakvol versier en bied slaapplek vir 8 gaste in 4 en suite-slaapkamers. Daar is 2 slaapkamers op die grondverdieping en 2 slaapkamers op die eerste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n losstaande bad, 'n ruim instapstort, 'n ingeboude spieëlkas met 2 enkelwasbakke, 'n aparte toilet en ingeboude kaste. Die kamer het ook hortjies en 'n skuifdeur wat na die gholfbaan front. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, toilet, enkelwasbak, spieël en toiletware.

Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens langs mekaar en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, toilet en 'n enkelwasbak met 'n spieël, en die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n groot instapstort, asook 'n toilet en 'n enkelwasbak met 'n spieël.

Elke slaapkamer het 1 of 2 voetstoeltjies, 'n spieëlkas met 'n stoel, 'n bagasierak, lugversorging en 'n haardroër. Ander geriewe sluit Charlotte Rhys-sjampoe, stortjel en seep in.

Die huis beskik oor 'n ruim oopplan-area wat uit 'n eetarea, kombuis en 'n leefarea bestaan. Daar is 'n etenstafel met plek vir 8 gaste in die eetarea en die kombuis het 'n Caesar Stone-toonbank met 'n groentewasbak, ingeboude kaste, 'n ingeboude SolarDom-mikrogolf, wynyskassie, 'n gasstoof met 'n elektriese oond en 'n uitsuigwaaier, 'n Nespresso-koffiemasjien, Smeg-broodrooster, ketel, dompelkoffiepot, menger en 'n dubbeldeuryskas. Daar is ook 'n houttoonbank met 2 stoele waar gaste hul skootrekenaars en fone laai by die gerieflike multi-aansluitprop wat USB-koppelpunte het. Die opwasarea het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en strykgeriewe.

Die sitarea het 'n TV met DStv-kanale en 'n L-vormige rusbank, asook 2 leunstoele en 'n koffietafel. Hier kan gaste voor die smeulstofie ontspan wat met eko-brikette werk. Daar is ook 'n binnebraai met ingeboude braaigeriewe, 'n kroeg met stoele en 'n houttafel wat buite gebruik kan word en met 8 stoele kom. Let asb. dat slegs die eienaars toegang tot die wynkamer geniet.

WiFi is beskikbaar en 'n omsetter sal al die ligte, die Tv en die WiFi tydens beurtkrag aanhou. Raamlose deure lei na 'n oop stoep en 'n beskutte, ingeboude braaiput.

Daar is 2 motorhuise met outomatiese deure en 'n geplaveide area waar gaste buite kan parkeer. Verder is daar 'n toegeboude binnehof en 'n wasgoedlyn by die opwasarea se deur.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Elda Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 31

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Silwerstrand-boulevard 48, Silwerstrand Golf and River Estate, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hook Shot Manor het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 8 825
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 8 825
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Silwerstrand-boulevard 48, Silwerstrand Golf and River Estate, Robertson, 6705, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3762cb887155a00e18d2b9b602b9ce60da56ce7102c342157f3884c49bba371b388e811a10f5cd62b1e9a5341b849ff94e3b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 825 per nag, vir 8 mense 6 5 1 5 48 Silwerstrand Boulevard Silwerstrand Golf and River Estate 6705 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -33.812226947328 19.849162185835

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang