Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hoovers Nest

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: HO Monning 26, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Hoover's Nest is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in Sinoville, Pretoria. Dit is 7,3 km vanaf Wonderboom Nasionale Lughawe en 2 km vanaf Montana Hospitaal en ideaal vir 'n gesin, vriende of paartjie.

Dié elegante woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, bad en toilet. 'n Dubbelslaapbank is in die sitarea beskikbaar. Vars linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea spog met 'n ruim kombuis wat met 'n gasstoof, ketel, mikrogolf, broodrooster, lugbraaier, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met DStv.

Die skuifdeure lei na 'n stoep, en agter die kothuis is 'n buitebraai-area vir gaste se gebruik. Veilige parkeerplek is voor die kothuis beskikbaar. Die verblyf is naby winkels, restaurante en besienswaardighede in die omgewing.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Openbare vervoer naby
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Janine M
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige en veilige plek, skoon, netjies en uitstekende diens! Ons het baie lekker geslaap. Alles wat jy nodig het, is tot jou beskikking. Dit is 'n p...
Sien meer
Des 2024
Rika B
Gesin met tieners
5.0
Gerieflik, netjies en baie privaat. Wat 'n pragtige, gerieflike en baie netjiese plekkie met alles wat jy nodig het. En 'n bonus is vir seker die DStv...
Sien meer
Des 2024
Annelise H
Saam met lewensmaat
5.0
Very spacious, clean and tidy. We enjoyed our stay at Hoovers Nest. The place is very spacious and very clean and tidy. It is fully equ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Nikita G
Saam met lewensmaat
4.4
Probleemvry. Kon rustig wees en veilig voel. Heerlik! Naby aan Montana Hospitaal en 'n winkelsentrum net om die draai maak dit baie gerieflik.
Nov 2024
Hein M
Besigheidsreis
4.4
Skoon en netjies. Ja, baie lekker gebly. Plek is netjies en versorg.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Danie Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 2 maande

Ligging

  • HO Monning 26, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Gaste dink Hoovers Nest het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: HO Monning 26, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb12b4da6aef9096cdc8ac55604a589d78b7705f35fb07369ee71d25186aa78b065309bc5b62b9432cef2aff4a17b57fccf2a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 4) 5 5 1 5 26 HO Monning Sinoville 0182 Gauteng 021 201 8901 12:00-21:00 10:00 -25.6587224 28.2333265

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang