Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hops Hollow Country House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Milestone 22/2, , Renosterhoek, 1120, Mpumalanga
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Hops Hollow Country House is 'n 3-ster-gastehuis met 'n brouery in die prentjiemooi Longtompass, Renosterhoek. Dit vorm deel van die Drakensberge in Mpumalanga. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en gasvryheid weg van die stad se gedruis.

Daar is 7 slaapkamers wat volledig toegerus is en 3 van hulle deel 'n badkamer. Die "deluxe" en luukse slaapkamers beskik elk oor 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, wasbak, toilet en komplimentêre toiletware.

Die kamers is pragtig versier en het 'n waaier, verwarmer, linne, handdoeke, koffie- en teemaakgeriewe en WiFi kan gereël word.

Gaste kan 'n heerlike ontbyt wat in die restaurant bedien word geniet en ander heerlike maaltye en tuisgemaakte bier by die kroeg met 'n kaggel. Hops Hollow bied toere van die brouery op die perseel en het 'n tuin met 'n speelgrond vir die kleinspan.

Parkeerplek is vir jou motor beskikbaar en die gastehuis is 22 km se ry van Lydenburg af en 34 km van Sabie af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Trudie B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker plek. Wonderlike mense met groot liefde vir diere wat so dieselfde is as ons. Dis 'n baie lekker groep mense en diere️.
Aug 2023
Antonie V
Besigheidsreis
5.0
Goeie waarde. Heerlik gebly en kos was baie lekker.
Apr 2023
Elize B
Saam met lewensmaat
4.8
Lekker kos, ruim, skoon kamer. Die personeel is gaaf, vriendelik en behulpsaam. Die kos is heerlik, en die kamer ruim, skoon en netjies.
Apr 2023
Hannelie B
Saam met lewensmaat
4.6
Mens voel dadelik tuis. Baie lekker gebly! Baie lekker gebly! Vriendelike personeel en die oulikste honde wat jou verwelkom! Heerlike kos!
Nov 2024
Gea M
4.6
Koue plek. Met ons aankoms was dit mistig en koud, maar in die restaurant was dit aangenaam warm en ons het lekker gekuier en ook die bier geniet wat ...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Willem Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Milestone 22/2, , Renosterhoek, 1120, Mpumalanga
  • Gaste dink Hops Hollow Country House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Milestone 22/2, , Renosterhoek, 1120, Mpumalanga
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6d15bf00df2eddf9ed19fd4b5e0f2fde5cb6e46ff3d96b407c7103f997ff1796a30636c49d9c2cbff8fd652fdf29080b06fe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 15 5 1 5 Milestone 22/2 The Long Tom Pass 1120 Mpumalanga 021 201 8901 13:00-18:00 10:00 -25.142598848533 30.616787075796

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang