Horison-Horisee
Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kajuitlaan 29, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
-
Vanaf
R3 300R2 970 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Horison-Horisee bied verblyf in 'n vakansiehuis in die kusdorpie, Jongensfontein. Dit is 16 km vanaf Stilbaai en is ideaal vir 'n gesinsvakansie by die see. Die dorpie is 'n gewilde vakansiebestemming vir branderplankryers en hengelaars.
Die huis het slaapplek vir 6 gaste, beskik oor 3 slaapkamers en het asemrowende see-uitsigte. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort oor die bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die 2 enkelbeddens in kamer 3 kan teen mekaar geskuif word om 'n koninggrootte-bed te maak. Die twee kamers deel 'n badkamer wat 'n bad en 'n stort het.
Daar is ‘n opslaanbedjie met matras vir ‘n baba of kleuter beskikbaar op versoek.
Die kombuis is met groot ys/vrieskas, gasplate, elektriese oond, mikrogolf en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n binnebraai en buitebraai-area. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër.
Die leefarea lei na 'n houtdek waar gaste ontbyt kan eet, braai of ń skemerkelkie kan drink terwyl die pragtige see-uitsig geniet word. Daar is ook 'n tweede sitarea met DStv, Netflix en gratis WiFi word voorsien.
Jongensfontein het verskeie doendinge, soos swem, skubaduik, snorkel, visvang, branderplankry en gholfspeel.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Ondervloerse verhitting
Eenheidgeriewe
- Ondervloerse verhitting
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Ria Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Kajuitlaan 29, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
- Gaste dink Horison-Horisee het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Jongensfontein Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kajuitlaan 29, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang