Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Horizon Bay 1602 Penthouse

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaauwbergweg, Horizon Bay Woonstelle Eenheid 1602, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 985 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Horizon Bay Apartment is langs Kaapstad se pragtige Weskus geleë en is 'n dakwoonstel wat gaste 'n luukse seevakansie bied in die gewilde woonbuurt Bloubergstrand wat bekend is vir die poskaartuitsig oor Tafelberg.

Horizon Bay 1602 Penthouse is 'n bekoorlike seewoonstel met lugversorging wat beskik oor 3 individueel gemeubileerde slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, sy en haar wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die derde slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens en maak gebruik van 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Skerp wit linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en 'n lieflike koffiemasjien. Daar is ook 'n sentraal geleë ontbyt-eiland met stoele. Boonop is daar 'n wasmasjien vir gaste se gerief in 'n aparte opwaskamer. Die sitkamer het gemaklike sitplek met 'n TV en spog met die wonderlikste see-uitsigte en lei verder na die eetarea.

Die skuifdeure van die sitarea maak oop na die balkon wat onbelemmerde see-uitsigte bied. Dit is perfek om te kyk hoe die aandson lang skaduwees op die grond gooi.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Helen Geverifieer

Eiendomme 49

Resensies 33

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Blaauwbergweg, Horizon Bay Woonstelle Eenheid 1602, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 985
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 3 985
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaauwbergweg, Horizon Bay Woonstelle Eenheid 1602, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfce9b44e7370fd6b255085fd80717aedf52f6c94c0d9f2e597faf03d9fc46e8b2e31fcd2d9d5e8dafd5238e44beab6204526?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 985 per nag (plek vir 6) Blaauwberg Road Horizon Bay Apartments Unit 1602 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.822047245529 18.477358188885

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang