Horizon Bay 401
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blaauwbergstraat, Horizon Bay Eenheid 401, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R2 540 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Horizon Bay 401 is 'n moderne selfsorgwoonstel in Bloubergstrand, naby die strand en ander geriewe. Hierdie woonstel is toegerus met 'n omskakelaar, wat verseker dat dit nie deur beurtkrag beïnvloed word nie.
Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 smaakvol gemeubileerde slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Dit spog met direkte toegang tot die balkon waar gaste die geklap van die branders kan hoor. Die tweede slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens en maak gebruik van die gastebadkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Wit linne en kraakvars handdoeke word voorsien.
Die kombuis is oopplan na die leefarea en is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n sentraal geleë ontbyt-eiland met stoele. Boonop het gaste toegang tot 'n skottelgoedwasser vir hul gerief. Die leefarea het gemaklike rusbanke, met 'n TV wat toegang bied tot 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale, en Netflix. Gratis WiFi is oral in die eenheid beskikbaar.
Die leefarea brei uit na die balkon met sitplek buite met 'n braai-area en spog met die mooiste see-uitsigte. Gaste het toegang tot die lieflike sprankelende swembad wat oor die panoramiese see uitkyk.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Helen Geverifieer
Eiendomme 49
Resensies 31
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Blaauwbergstraat, Horizon Bay Eenheid 401, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Horizon Bay 401 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bloubergrant Bloubergstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blaauwbergstraat, Horizon Bay Eenheid 401, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang