Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Horizon Bay 902

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaauwberg-weg, Horizon Bay Apartments Eenheid 902, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 850 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Horizon Bay 902 is 'n lieflike selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Bloubergstrand en is naby verskeie winkels, restaurante en die strand.

Dié woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 smaakvol gemeubileerde slaapkamers. Die hoofslaapkamer spog met toegang tot die balkon met 'n pragtige see-uitsig en het 'n koningingrootte-bed. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Gaste in hierdie 2 slaapkamers gebruik die gastebadkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, en lei na die eetarea. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV en spog met 'n asemrowende uitsig.

Die sitarea se skuifdeure lei na die balkon met buitemeubels, 'n gasbraai en 'n uitsig van die blou see in die verte.

Veilige parkeerplek is beskikbaar en gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad op die perseel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Helen Geverifieer

Eiendomme 49

Resensies 33

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Blaauwberg-weg, Horizon Bay Apartments Eenheid 902, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 850
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 850
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaauwberg-weg, Horizon Bay Apartments Eenheid 902, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbb02ea0d4585224aea81221b2df866fb6e296afdc77cc39ffac6c3a5b3448e55ca8ade0a8f0ae00b3fa480178a59d6664f91?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 850 per nag (plek vir 6) Blaauwberg Road Horizon Bay Apartments Unit 902 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.822319097662 18.477921452779

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang