Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hotel Sky Sandton

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 760 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wesstraat, Sandton, Johannesburg, 2031, Gauteng
  • Vanaf R1 330 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hotel Sky Sandton bied B&B-verblyf in Sandton en is net 250 m vanaf die Sandton City Shopping Centre en die Sandton Gautrain Centre.

Verblyf is beskikbaar in verskeie hotelkamers wat elk geskik is vir 2 gaste. Elke kamer is 15 m² tot 19 m² groot en het standaardbeddens of ekstra lang beddens met linne wat 'n 300-draadtelling het. Elke kamer het ook 'n en suite-badkamer, lugversorging, 'n slim-TV met Netflix en ander toeps, 'n kluis vir 'n skootrekenaar, werksarea, pakplek vir bagasie, blindings wat die son goed uithou en ander luukshede.

Ontbyt word in die restaurant op die perseel voorsien en ander etes is ook daar beskikbaar teen ekstra fooie. Die hotel het 2 kragopwekkers, gratis en onbeperkte WiFi, 'n spa, gimnasium, kroeg, sitkamer, verhitte swembad en konferensie- en vergaderingkamers wat plek het vir 90 afgevaardigdes.

'n Wasgoeddiens wat skoon wasgoed dieselfde dag voorsien, asook 'n selfdiens-inklok, inklok op 'n toep en toegang tot die kamer via 'n toep is beskikbaar. Daar is gratis onderdakparkeerplek op die perseel.

Hotel Sky Sandton is naby restaurante en kroeë en is net 31 km vanaf O.R Tambo Internasionale Lughawe.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Gimnasium
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
24-uur-ontvangs
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
3.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Barbara D
Saam met vriende
5.0
The hotel infrastructure is amazing! The staff were very friendly, professional, and accommodating. They even remembered me by name.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Nandipha J
5.0
I had a good time. I had a good time at the hotel.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Maryka H
5.0
Wonderlik. Was regtig 'n lekker oorslaap. Die staf is baie vriendelik en help waar hulle kan. Kos by die restaurant was heerlik. Kamers het net wat me...
Sien meer
Nov 2023
Sydney G
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjiese en veilige verblyfplek. Kamers is baie klein, maar voldoende vir 'n oorslaap. Veiligheid is bo gemiddeld. Om in jou kamer te kom moet jy...
Sien meer
Apr 2023
Annelize V
Besigheidsreis
4.6
Gelukkige klient. Netjiese verblyf. Restaurante net sekere tye oop en maak toe vir aand funksies vroeg deur die dag.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Jacqui Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Wesstraat, Sandton, Johannesburg, 2031, Gauteng
  • Gaste dink Hotel Sky Sandton het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 330
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 330
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 760 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wesstraat, Sandton, Johannesburg, 2031, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8b4240f2e56ba6d5d4d02710c3d1f77fc1ad8e193efbb68d654ed1ae3512c62bffd11d81f76a61f93e11ee70025f19984ffe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 330 per nag, vir 2 mense 18 5 1 5 150 West Street Sandton 2031 Gauteng 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -26.104396282382 28.054728806019

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang