House JDV @ 20 Rooipypie
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rooipypiestraat 20, Weskus, 7390, Wes-Kaap
- Vanaf R3 850 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
House JDV @ 20 Rooipypie is 'n ruim en luukse selfsorgvakansiehuis in 'n stil doodloopstraat in die bekende Goue Myl. Hierdie verblyf spog met unieke, luukse meubels en is naby die bekende trou-venue, Sea-Trader, geleë. Dit is ideaal vir 'n naweek weg of vakansie saam met vriende en familie.
Dié pragtige kontemporêre huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 smaakvol gemeubileerde slaapkamers en 5 badkamers. Die 4 slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die gastebadkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Hierdie verblyf beskik oor 2 oopplan-leefareas, elk met aparte ingange en 'n tussendeur wat die areas verbind. Hierdie 2 areas beskik oor 'n volledig toegeruste kombuis, eetarea en sitarea. Albei kombuise is ruim en met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, lugbraaier, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n sentraal geleë eiland met stoele toegerus. Verder is daar ook 2 skottelgoedwassers en 'n wasmasjien beskikbaar. Die kombuise lei na die eetareas en verder na die sitareas met gemaklike rusbanke en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Aan die een kant van die huis lei die kombuis na 'n binnebraai-area, wat ook na buite lei na die stoep met buitesitplek en 'n houtvuurwarmbad. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Jacuzzi
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Rooipypiestraat 20, Weskus, 7390, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Golden Mile St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rooipypiestraat 20, Weskus, 7390, Wes-Kaap