Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

House McIntosh

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.3
Veiligheid
4.4
Zelde-mari D
Lang verblyf
5.0
Jan 2023

Heerlike en rustige vakansie. Ons het baie lekker gebly en die huis was geskik vir 'n groot groep mense.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Mona J
Kort verblyf Saam met vriende
4.2
Jan 2023

Rustige omgewing. Pragtige uitsig oor die see. Unieke omgewing. Die verblyf was baie aangenaam en die rustigheid van omgewing het my gepas. Heerlik gekuier.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Elsabe H
Kort verblyf
4.0
Jan 2024

Ons het lekker gekuier saam ons familie, was veral beïndruk met al die boeke in die huis. House McIntosh is ruim met genoeg ruimte vir 'n groot groep, dit is egter vreemd gebou. Die 20 steil, donker trappe na die boonste vlak is beslis 'n veiligheidsrisiko. Die balkon was ook 'n bekommernis, baie smal en het veral in die hoeke vibreer as mens daar geloop het. Daar is nie voldoende braaigeriewe nie, dus trek rook huis in.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Heinrich H
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2022

Baie lekker. Elandsbaai is 'n baie lekker nawee bestemming. Naby aan Kaapstad geleë. Stil en rustige Weskus-dorp en nie so baie besoekers soos Suidkaap-dorpe nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Celeste P
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Okt 2022

Fantastic and very relaxing. We spent an awesome weekend in this spacious house with magnificent view and loads of chill space for our big family of 10!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alfred P
Kort verblyf Saam met vriende
4.0
Apr 2022

Baie mooi uitsig. Gerieflike groot vertrekke. Te klein badkamers. Kort 'n binnebraai vir daai Weskus-wind.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Willem L
Kort verblyf
5.0
Des 2021

Baie netjies. Het baie lekker gekuier. Groot huis. Ideaal vir 'n groep.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Imogen
House McIntosh
Thank you for sharing your experience. I do hope that you enjoyed your time in Elands Bay.

Dustin A
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Aug 2021

Stoked! Excellent spot if you're looking for privacy within a group, and helps to be next to a world class surf spot!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Pearl A
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Sep 2021

Groot maar baie 'cosy' huis, pragtige omgewing, wonderlike kuier. Ek is mal oor die ligging van die huis en die feit dat elke kamer so te se op sy eie is. Sal definitief weer wil gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Bernard D
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Apr 2021

Almal het die naweek baie geniet behalwe vir die kosmaak-uitdagings in die kombuis. Die uitleg van die huis is interessant. Toegang tot die onderste 4 kamers is deur buite skuifdeure en toegang tot die boonste vlak is buite om die huis na die voordeur of anders deur een van die kamers wat die privaatheid van daardie kamer benadeel. Vanaf die voordeur tot bo is daar 21 styl trappe - nie goed vir ouer persone of persone met knie- en heupprobleme nie. Die huis het 5 slaapkamers en 2 beddens in die leefarea wat 'n moontlikheid van 10 of meer mense kan huisves. Die kombuis is egter nie ingerig daarvoor nie. Die stoof is te klein en beperk. Die yskas/vrieskas is te klein om al die koue goed vir 10 mense in te sit. Die vorige huurders moes seker vis of aas of iets in die yskas vergeet het, want die reuk uit die yskas was iets verskrikliks. Al die kos en veral die melk het die reuk ingetrek en was onaangenaam. In die kombuis is ook 'n ou stortmuurtjie wat meer as een persoon se toonvelle geëis het. Stel voor dat die muurtjie verwyder moet word voordat iemand ernstig seerkry. As die kombuis se tekortkomings uitgesorteer kan word (stoof,yskas/stortmuurtjie) is die huis baie lekker geleë en ons het die naweek baie geniet. Veral die koffie op die dak vroegoggend!

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Imogen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R 3 600
per nag (plek vir 12)
Vanaf
R 3 600
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Stompneus Steeg 8, Elandsbaai Suid, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA61b54834f07d5490fb13d9014f4b6c23f43de5a5da37cbbb0effc60750630d4285f1b3d61419f395520a6623194aa83bb8bb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 600 per nag (plek vir 12) 22 5 1 5 8 Stompneus Steeg Elands Bay South 8110 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 11:00 -32.318237267842 18.325983881951

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang