Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

House No.1

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cloete-straat, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Vanaf R960 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

House No.1 bied gerieflike verblyf in 'n opgeknapte selfsorghuis en 'n tuinkothuis in die hartjie van Nieu-Bethesda. Die perseel is reg langsaan 'n uitstekende boekwinkel en net ’n kort stap van die Uilhuis en ander besienswaardighede in die area af.

Dié selfsorghuis het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofbadkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n bidet. Die huis het ook 'n kombuis en 'n sitarea met 'n kaggel wat na die agterstoep en binnehof lei. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus. Daar is ’n lang tafel waar families etes saam kan geniet. Daar is kunswerke uit Nieu-Bethesda orals in die huis.

Die Snug-kothuis het slaapplek vir 3 gaste in 1 slaapkamer wat 3 enkelbeddens het en daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Die kothuis het 'n oopplan-kombuisie en -sitarea. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond, stoof en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die tuinwoonstel deel 'n binnehof met die hoofhuis en gaste het toegang tot veilige parkeerplek.

House No.1 se ligging bied ook maklike toegang tot die dorp se restaurante en gallerye.

Kenmerke

Afrikaans
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Duits
  • Switsers

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Gwen B
Saam met vriende
5.0
Peaceful and restorative. The house is spacious, beautifully decorated, and has every homely touch one can think of. Such a special sta...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Sonja P
Saam met vriende
5.0
Better than the photos. The photos on websites can't do justice to this charming house. I have never stayed in holiday accommodation wi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Julia H
Gesin met klein kinders
5.0
Pleasant, central, nice colours and materials, practical. We had a good time. Perfect overnight place!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Linda P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Ek en my moeder het baie lekker gebly ten spyte van die ander gaste se honde wat vreeslik geblaf het. Alles was mooi skoon en die gasvrou...
Sien meer
Des 2023
Carolyn M
Saam met vriende
5.0
Rustige kuier in 'n pragtige huis. Die huis is pragtig gemeubileer en uitstekend ingerig met alles wat jy nodig het. As ek meer as vyf sterre kon gee,...
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Ian Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 291

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Cloete-straat, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Gaste dink House No.1 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R960
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R960
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cloete-straat, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAca4e6eee05e9ccadbda6fea5258714701bff71e12855667238883a80b1bd460fa65c74f99d1b3c32672e16d2891fb5980cc2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R960 per nag, vir 2 mense 20 5 1 5 Cloete Street Nieu-Bethesda 6286 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.866561565678 24.555379177152

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang