Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hout Bay View

Gastehuis
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marais-weg 17, Scott Estate, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 984 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Hout Bay View Gastehuis het 'n fantastiese ligging met 'n panoramiese uitsig van Houtbaai, die berg, strand en die see met ongeëwenaarde uitsigte op die bekende Chapmanspiek. Die gastehuis in op die Scott Landgoed in Houtbaai en bied die beste geriewe, uitstekende gasvryheid en diens wat gaste se verwagtings sal oortref.

Verblyf is beskikbaar in 8 ruim kamers met groot, privaat balkonne wat elk 'n pragtige, panoramiese uitsig oor die see, vallei en op die berge bied. Elke kamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed wat met Egiptiese kantoenlinne opgemaak is, en 'n moderne en suite-badkamer met komplimentêre toiletware. Ander kamergeriewe sluit 'n kluis, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, lugversorging, 'n haardroër en 'n platskerm-slim-TV in waarop gaste Netflix, Showmax en DStv kan kyk.

'n Vol Engelse-, kontinentale- of gesondheidsontbyt word daagliks in die eetarea bedien. Die gastehuis bied 'n ruim, gerieflike gaste-sitarea met gaste-informasie oor plaaslike geriewe en besienswaardighede in en om Kaapstad. Daar is vinnige, gratis WiFi regdeur die gastehuis.

'n Groot, verhitte soutwaterswembad is beskikbaar en daar is 'n stil tuinarea en veilige parkeerplek op die perseel.

Die gastehuis front na die weste wat beteken dat al die kamers, privaat balkonne en gemeenskaplike gaste-areas prentjiemooi uitsigte van die sonsondergang, oor die dorp, die strand, op Chapmanspiek en die berge het.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Danny M
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent stay. The two hosts were both very engaging, friendly and informative and made us feel welcome and at home. The venue is idea...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Karien M
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Die ervaring was fantasties.
Jan 2023
Woudter P
Saam met lewensmaat
4.8
Lekker. Great rusplek, baie dankie.
Mrt 2023
Pierre C
Saam met lewensmaat
4.6
Baie lekker gebly. Ons het baie lekker gebly. Dink net daar kan vir die hoë tarief wat mens betaal meer gedoen word om die ongerief van beurtkrag te v...
Sien meer
Feb 2024
Johan G
Saam met lewensmaat
4.2
Absolute asemrowende uitsig oor Houtbaai. Baie mooi en moderne plek.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Andrew Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Marais-weg 17, Scott Estate, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hout Bay View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 984
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 984
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marais-weg 17, Scott Estate, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfe9046cfae668737905f3a3eae71bf81e3efaf5e9b24938672d5036cd713fcab6e1c3a922c68d7290cba4674e4b0551f9d2d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 984 per nag (plek vir 2) 19 5 1 5 17 Marais Road Scott Estate 7806 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.0380506 18.3625092

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang