Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Houtgerus

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Maraisstraat 207, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Houtgerus is 'n strandhuis in Franskraal wat met 'n pragtige see-uitsig vanaf die voorstoep spog. Hierdie bekoorlike huis bied 'n warm atmosfeer vir gesinne wat op soek is na gehalteverblyf.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Alle gaste deel die badkamer wat 'n stort, toilet en 'n wasbak het.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroeër, asook 'n etenstafel met stoele. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n kaggel wat 'n knus atmosfeer skep.

Die toegeboude stoep het braaigeriewe, 'n sitkamerstel en 'n etenstafel met stoele. Die sitarea en die stoep spog met groot vensters wat wonderlike see-uitsigte bied. Parkeerplek is in die straat beskikbaar.

Let asseblief daarop dat daar 'n steil paadjie is en 'n paar trappe om by Houtgerus uit te kom. Dit is nie rolstoelvriendelik nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Elizabeth Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Maraisstraat 207, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Houtgerus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Maraisstraat 207, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA747bfef80ea3f3ceeeedc868314f131c7b04dc840334f37267580b39f357dace89017217e643863483984fca89a4b532b908?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 207 Marais Street Franskraal 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-19:00 10:00 -34.6096511 19.3902411

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang