Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Melkbos Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Tarentaalstraat 1, Van Riebeeckstrand, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R6 900 per nag (plek vir 15)

Beskrywing

Melkbos Villa bied gerieflike en ruim selfsorgverblyf in die hartjie van Van Riebeeckstrand, Melkbosstrand. Dit is ideaal vir 'n groot gesinsvakansie of 'n groep vriende aangesien die huis met 'n swembad op die perseel spog en stapafstand van die strand af is.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 12 volwassenes en 3 kinders. Dit beskik oor 6 slaapkamers, 5 badkamers en 'n gastetoilet. Elke slaapkamer het óf 'n koningingrootte-bed óf 'n dubbelbed en 2 van hierdie slaapkamers het ook enkelbeddens vir kinders. Elkeen van die 5 badkamers is en suite en het óf 'n stort óf 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien toegerus is. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is ook 'n binnebraaikamer op die boonste verdieping met gemaklike sitplek, 'n etenstafel, 'n yskassie en 'n binnebraai. Dit lei na 'n balkon met 'n foosball-tafel. Op die onderste verdieping lei die binnebraaikamer na die tuin. Hierdie tuin spog met 'n klimraam, swembad, vuurput en 'n onderdakstoep met nog 'n ingeboude braai.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 9 resensies vir Melkbos Villa
Netheid
4.3/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Michelle Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 10

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Tarentaalstraat 1, Van Riebeeckstrand, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Melkbos Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R6 900
per nag (plek vir 15)
Vanaf
Vanaf R6 900
per nag (plek vir 15)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Tarentaalstraat 1, Van Riebeeckstrand, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3c2f1d9661335eac05d883353ecd14b6d7b4415b60af41f4760779860497cd1e98faf1c292d5d68286d993c102032823c4d7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 900 per nag (plek vir 15) 9 5 1 5 1 Tarentaal Road Van Riebeeckstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -33.704 18.4440199

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang