Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Huisie Ommie Hoek

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 32, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Huisie Ommie Hoek is 'n ten volle gemeubileerde, losstaande tweeslaapkamerkothuis in 'n stil straat weg van die hoofstraat af in Uniondale. Uniondale is 'n klein plattelandse dorpie in die Wes-Kaapprovinsie by die westelike ingange na Baviaanskloof en die Langkloof en die noordelike ingang na Prins Alfred bergpas.

Verblyf beskik oor 'n volledige badkamer met 'n bad en 'n stort, leefkamer met DStv en 'n ten volle toegeruste kombuis. Die ruim hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n bababed en die tweede slaapkamer het 3 of 4 enkelbeddens. Beddegoed en handdoeke word voorsien.
Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Besprekings vir aandete kan op versoek gereël word. Ander maaltye is op versoek beskikbaar.

Die skilderagtige Prins Alfred-bergpas verbind die Klein Karoo met Plettenbergbaai en Knysna in die Tsitsikama. Uniondale is sowat 1 uur se ry vanaf George of Oudtshoorn en 2 ure se ry vanaf Graaff-Reinet al langs die N9. Benewens die vele skilderagtige ritte spog Uniondale ook met vele pragtige ou geboue, verskeie eetplekke, 'n ou Engelse fort uit die Anglo Boere-oorlog en 'n 9-putjie-gholfbaan.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Hendrik G
Saam met lewensmaat
5.0
Tops. Baie lekker gebly. Wonderlike tyd gehad met gasvryheid uit die boonste rakke. Eenheid is baie gerieflik, netjies en veilig. Sal enige tyd weer d...
Sien meer
Mei 2024
Randolf J
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige veilige verblyf. Gasheer was baie vriendelik en behulpsaam.
Mrt 2024
Wynand D
Saam met vriende
5.0
Baie stil en rustig. Amanda en Gert was baie behulpsaam en vriendelik. Ons het baie lekker gekuier.
Okt 2023
Elize O
Besigheidsreis
4.6
Baie gemaklik geslaap, vriendelik ontvang. Baie geskik gewees vir die nag se oorslaap op my sakereis. Vriendelike ontvangs en skoon en gerieflieke kam...
Sien meer
Jun 2023
Terance F
Besigheidsreis
4.2
A pleasant reception from the host and her partner helped to make this a pleasant stay. The room, toilet and and shower, and the kitche...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Amanda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 33

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Voortrekkerstraat 32, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
  • Gaste dink Huisie Ommie Hoek het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 32, Uniondale, 6460, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkMfxccbaBInT768vl12Cd9GtX2HrJh7HsmXs5mOxvvifCzNKON?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 33 5 1 5 32 Voortrekker Street Uniondale 6460 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-20:00 10:00 -33.65519141762 23.128774166107

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang