Hunter's Country House
- Kapasiteit: 62 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Pear Tree Plaas, Harkerville, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R4 100 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
The Country House se welige tuine, met sy geure en kleure, skep 'n idilliese omgewing vir hierdie weelderige toevlug in die hartjie van die Tuinroete. The Country House kombineer sierlikheid met gerief en uitsonderlike diens en sal jou baie welkom en tuis laat voel. Dis ver genoeg van die rumoer, tog naby aan talle doendinge.
Weggesteek in die mooie tuin, is ons 23 luukse suites, elk individueel ontwerp en versier. Die grasdak-kothuis-suites is baie verwelkomend en is versier in skakerings van liggroen en blink-pers, amper soos die kleure van 'n oester, en dis afgerond met blink kristaltooisels en kandelare.
Al die suites het privaat stoepe en tuine. Hoewel van die suites hul eie plonspoele het, kan al die gaste in die hotel se sprankelende swembad swem. Die Cub's Corner-kamer is spesiaal vir die jongspan en die Teen Scene-kamer is vir tieners. Ons het ook konferensiegerie en gratis WiFi in publieke areas.
Hunter's Country House is 10 km vanaf Plettenbergbaai en 22 km vanaf Knysna. Dis op die N2. Ons borde is duidelik sigbaar by die ingang na ons toegangspad, wat na die sekuriteitsingang van die landgoed lei. Vir absolute rustigheid en vrede, hoef jy nie verder as die landgoed te reis nie.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Wynkelder
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Adele Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 3
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Pear Tree Plaas, Harkerville, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Hunter's Country House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Harkerville Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 62 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Pear Tree Plaas, Harkerville, 6600, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang