Hythelands
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hlatikulu-weg 7, Hythelands House, Mooirivier, 3300, KwaZulu-Natal
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Hythelands is op 'n melkplaas langs Hlatikuluweg, 10,4 km buite Mooirivier. Hythelands bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n huis met 3 slaapkamers. Die huis bied 'n pragtige uitsig op die Drakensberge in die verte.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste in 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en stapelbed. Die huis het 'n groot kombuis wat met 'n skottelgoedwasser, oond, stoof, broodrooster, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is 'n sitarea en 'n binnehof met sitplek en braaigeriewe. Daar is 'n gesellige kaggel in die sitkamer en nog 'n kaggel in die kombuis. Hout word vir die eerste nag voorsien. Netflix en Showmax is beskikbaar.
Hythe Hideaway is 'n houthuisie wat slaapplek aan 6 gaste bied en oor 3 slaapkamers beskik. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die huisie het ook 'n groot kombuis wat met 'n oond, stoof, broodrooster, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n sitarea en 1 badkamer. Daar is nie WiFi of 'n TV nie. 'n Stoep verbind al die vertrekke met mekaar.
Toere en aktiwiteite kan op dié kommersiële melkplaas gereël word. Gaste moet asb. die hekke ten alle tye toe hou, sodat die diere in hul onderskeie kampe bly. Veldbrande is 'n risiko in die omgewing en daarom word 'n streng kode vir brandveiligheid gevolg. Troeteldiere word nie toegelaat nie. Op sekere tye van die jaar is daar 'n oorvloed blou-, bel- en mahem-kraanvoëls op die plaas. Doendinge op die plaas sluit stap, kanovaart en fietsry in. Die ligging bied toegang tot Hartford House, Treverton College, Weston Agricultural High School, die Midlands Meander en Giants Castle.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Ashleigh Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Hlatikulu-weg 7, Hythelands House, Mooirivier, 3300, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Hythelands het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mooi River Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hlatikulu-weg 7, Hythelands House, Mooirivier, 3300, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang