Ibis Place Guest House
- Kapasiteit: 41 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moerasrivier 233, Portion 97, Geelhoutboom, George, 6530, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Hierdie pragtige plaas bied 'n uitsig op die Outeniekwaberge in die hartjie van die Tuinroete. Hier by Ibis Place kan jy kies tussen B&B-verblyf, selfsorgkothuise in die tuin en 'n slaapsaal met plek vir 10 mense.
Ibis Place Guest House het 6 dubbel- of enkelkamers met en suite-badkamers. Die selfsorgkothuise is ten volle toegerus en bied slaapplek vir 4 of 8 mense onderskeidelik. Vir groter groepe het ons 'n oopplan-slaapsaal met plek vir 5 mense op die minste en 10 op die meeste. En Flaming Cottage is ingerig vir rolstoelgebruikers.
Die ruim woonkamer, braai-area en swembad is tot ons gaste se beskikking. 'n Volledige Engelse ontbyt is ingesluit vir gaste wat die B&B-kamers bespreek en dit is beskikbaar as 'n opsionele ekstra vir gaste wat in die kothuise tuisgaan. Aandete is ook beskikbaar op versoek een dag voor die inklokdatum. Dit word in die eetkamer bedien. Gaste kan gerus gebruik maak van die gemeenskaplike kombuis.
Buite is daar 'n lang stoep waarop gaste kan sit en die berguitsigte bewonder terwyl hul ontbyt, aandete of skemerkelkies nuttig. Ibis Place is kindervriendelik en daar is geriewe en doendinge, soos die voer van diere, en heelwat oop ruimte op die perseel.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
- Frans
- Duits
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Ronny & Fara Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 108
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Moerasrivier 233, Portion 97, Geelhoutboom, George, 6530, Wes-Kaap
- Gaste dink Ibis Place Guest House het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 41 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moerasrivier 233, Portion 97, Geelhoutboom, George, 6530, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang