Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ibis Self-Catering Accommodation

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wardenstraat 83, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Vanaf R500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ibis Self-Catering Accommodation is halfpad tussen Gauteng en die Natalse kus geleë en is die ideale oornagverblyf vir sakelui, reisigers, toeriste en 'n gesin van 4.

Ibis1 het 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens, 'n badkamer met 'n stort, 'n oopplan-leefarea met 2 slaapbanke, kombuis wat volledig toegerus is en 'n privaat tuin met braaigeriewe. Dié eenheid het slaapplek vir 3 volwassenes en 1 kind. Daar is ook volledige DStv, WiFi en veilige parkeerplek.

Ibis2 is 'n baie stylvolle enkel-eenheid en het 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens, 'n badkamer, volledige kombuisie sonder 'n stoof, DStv, WiFi en veilige parkeerplek.

Linne en handdoeke word voorsien in albei eenhede.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 108 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Frans B
Saam met lewensmaat
5.0
Netjiese verblyf. Baie welkom laat voel deur Mariaan en Johan. Ideale oornag fasiliteit tussen Natal en Limpopo. Sal dit enige tyd aanbeveel.
Nov 2023
Jacorien N
Gesin met klein kinders
5.0
Skoon en huislike gevoel. Kamers is baie skoon en netjies. Voel baie tuis daar.
Jul 2023
Hanlie V
5.0
Alles was 100%. Ons kom weer. Netjies, skoon, gerieflik, veilig, uiters gasvry en behulpsaam, bekostigbaar. Wat meer soek mens?
Jun 2023
Bennie V
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies, skoon, perfekte oornagstop. Baie oulike gashere. Ibis is presies soos beskryf op LekkeSlaap. Die gashere, Mariaan en Johan, is so vriendelik ...
Sien meer
Mei 2023
Christelle G
5.0
Baie aangename mensies. Vriendelik ontvang. Wow.
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Mariaan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 108

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Wardenstraat 83, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Gaste dink Ibis Self-Catering Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wardenstraat 83, Harrismith, 9880, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ0NmM3MDE2LTNmZWMtNDc1My1iMGM3LTZmZTVlNjEzMWY4OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag, vir 2 mense 108 5 1 5 83 Warden Street Harrismith 9880 Vrystaat 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -28.27805 29.13238

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang