Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Idwala Le Ingwe Lodge

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R96, 5,4 km vanaf Hekpoort, 1791, Gauteng
  • Vanaf R3 900 per nag, vir 12 mense

Beskrywing

Idwala Le Ingwe Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n unieke vakansiehuis met slaapplek vir 12. Dit is op die Witwatersrandberge geleë en bied skouspelagtige uitsigte oor die vallei en op die Magaliesburg-bergreeks. Die lodge is 5,4 km vanaf Hekpoort en 39,1 km vanaf Hartbeespoortdam geleë.

Die vakansiehuis met slaapplek vir 12 gaste is elegant versier met 'n Safari-sjiek tema en bied verskeie dekke, stoepe en vermaakareas met lieflike uitsigte. Dit beskik oor 6 slaapkamers en 3 badkamers. Die slaapkamers het 'n verskeidenheid enkel-, koningin- en koninggrootte-beddens. Die badkamers het elk 'n bad of 'n stort.

Die oopplan-leefareas spog met ruim sitareas, 'n volledig toegeruste kombuis, 3 braai-areas en 'n vermaakarea op die dak. Die kombuis is met 'n dubbelyskas, kisvrieskas, gasbraaiers, 'n stoof, 'n oondjie, 'n mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die vermaakarea het 'n swembad, pooltafel, veerpyltjiebord en bordspeletjies. Verder is daar ook 2 binnenshuise kaggels en 'n binnebraai-area.

Daar is 'n verskeidenheid aktiwiteite in die area wat skilderagtige skemerkelkiekruisritte wat vooraf bespreek moet word, gemerkte Swartwitpens-voetslaanroetes en ongemerkte, selfbegeleide voetslaanroetes langs die boskampe insluit. Hartbeespoortdam is 39,1 km ver en bied 'n verskeidenheid aktiwiteite soos inkopies, Harties-kabelweë, restaurante, tweewielkarretjies, slangparke, 'n olifantskuiling en 'n aapskuiling.

Kamer-opset

Kapasiteit: 12 Aantal kamers: 6 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Badkamer 1

Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet
Badkamer 3

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.5
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Simon Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 39

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Langs die R96, 5,4 km vanaf Hekpoort, 1791, Gauteng
  • Gaste dink Idwala Le Ingwe Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 900
per nag, vir 12 mense
Vanaf
Vanaf R3 900
per nag, vir 12 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R96, 5,4 km vanaf Hekpoort, 1791, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd787f327aea93ad52304e95aa7fccc0e900622685be795fad00e71448af4c476d83bf2fcabe041d70b94ef4a977ba91802eb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 900 per nag, vir 12 mense 2 5 1 5 Off the R96 Road 5.4 km from Hekpoort 1791 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.923720168382 27.618502452393

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang