Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Idyllic Beach House

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 50% af

Kry 50% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Claude Urban-rylaan 30, Myoli-strand, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 690 R2 345 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Idyllic Beach House is 'n helder en lugtige vakansiehuis van wit hout in 'n ongerepte, inheemse tuin met privaat toegang tot 'n sondek op die duine. Die vakansiehuis bied ook toegang tot die wonderlike, sagte sand van Myoli-strand met Gerickes Punt in die verte. Dit is die ideale opsie vir 'n gesinsvakansie aangesien die huis verskeie deure en vensters het wat toelaat dat die vars seebriesie deur die huis kan trek.

Die dubbelverdiepingeenheid bied slaapplek aan 8 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is twee slaapkamers met 'n dubbelbed in elk en die ander twee slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en 'n stapelbed wat slegs geskik is vir kinders. Die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad en stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die leefarea beskik oor 'n pragtige kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die kombuis lei na 'n knus TV-kamer waar gaste kan ontspan. Langsaan die kombuis is daar 'n etenstafel met genoeg sitplek en 'n formele sitkamer. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n lieflike houtdek met buitesitplek en sonstoele. Die dek lei na 'n lowerryke, groen tuin met 'n boma met 'n sentrale vuurput. Dit is die ideale plekkie vir gaste wat lekker saans wil kuier. Die huis is net aan die ander kant van 'n duin wat direkte toegang tot Myoli-strand en 'n uitkykdek bied. Hier kan gaste 'n skemerkelkie geniet met 'n uitsig oor die Indiese Oseaan.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Kinderstapelbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Moira Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Claude Urban-rylaan 30, Myoli-strand, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Idyllic Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 690
R 4 690 R 2 345
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 690
R 4 690 R 2 345
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Claude Urban-rylaan 30, Myoli-strand, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf04010d39c5511e8a14a2e57121d58041b6c8b96b0861b1f31ae01dc6f9f9150012353b4f07ef0e687a51984d9480a0b02d5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 690 nouVanaf R2 345 per nag (plek vir 8) 3 5 1 5 30 Claude Urban Drive Myoli Beach 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 12:00 -34.034766059529 22.805530004299

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang