Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

ILala Country Lodge

  • Kapasiteit: 54 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pontdrift-pad (R572), 5 km vanaf die N1, Musina, 0900, Limpopo
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

iLala Country Lodge is gebou op 'n koppie wat uitkyk op die Limpoporiviervallei, met 'n panoramiese uitsig oor die reuse kremetartbome en Zimbabwe se heuwels in die verte.

iLala Country Lodge is geleë op die roete na Mapungubwe Nasionale Park en Wêrelderfenisgebied en lê ook in die voormalige Krematartboom-bewarea wat deur Premier Jan Smuts geproklameer is. Vele van hierdie oer-oue bome kan op die landgoed gesien word. Die Noordelike hek na die Krugerwildtuin is 120 km ver en die Musina Natuurreservaat is 15 km suid.

Die indrukwekkende klip- en grasdak-kompleks vorm 'n baken in die omgewing en bestaan uit 6 selfsorg-chalets in 'n inheemse tuin, met 3 gastekamers in die hoofkompleks.

Die selfsorg-chalets bestaan elk uit 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en 'n solderkamer bo met 2 enkelbeddens vir kinders jonger as 16 jaar. Daar is 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort. Die sitkamer is oopplan met 'n TV, lugversorging en plafonwaaiers. Elke chalet het ook 'n toegeruste kombuis en 'n braai-area. Linne en handdoeke word voorsien.

Die 3 gastekamers bied elk 'n ruim slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n solderkamer bo met 2 enkelbeddens vir kinders jonger as 16 jaar en 'n badkamer met 'n stort. Elke kamer bevat tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, TV, lugversorging en plafonwaaiers. Die balkonne bied eindelose uitsigte oor die vallei en omgewing.

Die lodge bied die volgende: 'n groot swembad met 'n lapa en braaigeriewe, veilige parkering, voëlkyk, onbegeleide staptogte, daaglikse skoonmaakdienste, wasgoeddiens op versoek, rolstoelvriendelike ingange, 'n lieflike tuin met 'n verskeidenheid inheemse bome en 'n elektriese sekuriteitsheining wat die lodge-area omhein. Musina-lughawe is net 7 km van die lodge af.

iLala Country Lodge is slegs 5 km vanaf die N1-hoofpad tussen Beit Bridge-grenspos en Musina op die R572-pad geleë, en Musina dorp is net 8 km van die lodge af.

Geriewe

  • WiFi

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.0
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Lorna S
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable, spacious and secure. The place has beautiful surroundings and is conveniently located. Rooms are very spacious with a coun...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Ina G
Saam met vriende
5.0
Goed genoeg vir oorslaap. Ons het chalets bespreek en is toe oorgeskuif na gastekamers. Die kamer het slaapplek vir 2 persone, maar slegs 1 stoel op d...
Sien meer
Mrt 2024
Jos N
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi verzorgd. Alles ok. Lekker gebly. Netjies. Veilig.
Mrt 2024
Monica S
Saam met lewensmaat
5.0
Ien bogenoemde. Heerlik gebly. Hartlik en professioneel ontvang. Pragtige panorama.
Feb 2024
Tina B
Saam met vriende
5.0
Stunning location with views over the giant baobab! Perfect stop over on our way to Zimbabwe, despite load shedding we had a beautiful ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

H. Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Pontdrift-pad (R572), 5 km vanaf die N1, Musina, 0900, Limpopo
  • Gaste dink ILala Country Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 54 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pontdrift-pad (R572), 5 km vanaf die N1, Musina, 0900, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY2NmEzOWE2LTEyN2ItNDRiNi04M2M0LTk1OWMzNmZiNzA1YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 20 5 1 5 Pontdrift Road (R572) 5 km from N1 0900 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -22.335647218768 29.980707764626

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang