Ilanda Guest House
- Kapasiteit: 41 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: The Oaks-weg 66, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
ilanda Guest House bied oornag- en selfsorgverblyf met B&B-opsies wat in die hartjie van die Witrivier geleë is. Dit is ideaal vir 'n groot reisgroep, klein gesin, enkelreisigers, paartjies of sakereisigers.
Dié gastehuis bied slaapplek in 'n selfsorgwoonstel met slaapplek vir 9, 4 klein selfsorgwoonstelle of 8 gastekamers. Daar is slaapplek vir tussen 2 en 9 gaste in die eenhede. Die eenhede het dubbelbeddens, enkelbeddens, stapelbeddens, koningingrootte-beddens of koninggrootte-beddens. Al die eenhede het 'n badkamer met 'n bad of 'n stort, of albei.
Die selfsorgwoonstel se kombuisie is met 'n stoof, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die ander gastekamers het 'n mikrogolf, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Al die eenhede het gratis WiFi en 'n TV met DStv.
Sommige eenhede het privaat stoep met 'n tafel en stoele waar gaste hulle oggendkoffie kan geniet. Al die gaste het toegang tot die tuin en 'n gemeenskaplike swembad. Daar is ook 'n dam waar gaste kan visvang en die gastehuis is 45 minute vanaf die Numbi en Phabeni-hekke van die Krugerwildtuin.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Mildred Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 7 maande
Ligging
- The Oaks-weg 66, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Gaste dink Ilanda Guest House het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Witrivier Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 41 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: The Oaks-weg 66, Witrivier, 1240, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang