Ileven Heaven
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Boulevard D' Afrique, Broederstroom, Hartebeestpoort, 0240, Noordwes
- Vanaf R4 800 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Ileven Heaven is 'n selfsorgvakansiehuis op 'n sekuriteitslandgoed in Broederstroom, Hartbeespoortdam langs die Krokodilrivier. Die huis spog met 'n uitsig oor die rivier wat na Hartbeespoortdam en die Witwatersrandbergreeks vloei.
Die huis beskik oor 4 slaapkamers met koningingrootte-beddens en een met 'n ekstra driekwartbed. Sommige slaapkamers het privaat balkonne, TV's en Blu-Ray DVD-spelers. Die eerste badkamer het 'n stort, die tweede badkamer het 'n bad en daar is 'n aparte gastetoilet.
Op die grondverdieping is daar 'n oopplan-kombuis, kroeg, sitarea en stoep. Die kombuis is met 'n yskas, moderne stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, koffiemasjien, dompelkoffiepot, breekware en eetgerei toegerus.
Die kroeg is met 2 yskassies toegerus en lei na die sitarea waar daar 'n sitkamerstel met sitplek vir 6, 'n slaapbank, platskerm-TV en lugversorging is.
Die toegeboude stoep spog met 'n gasbraai, veerpyltjiebord en 'n pragtige uitsig oor die landgoed.
Gaste het nie toegang tot enige van die gemeenskaplike areas, insluitend die swembad en vermaakarea, nie.
Hartbeespoort is 'n paradys vir watersportliefhebbers, stappers en fietsryers, asook natuur- en voëlliefhebbers. Aktiwiteite sluit abseil, riviervlotvaar, perdry, visvang, gholfspeel en inkopies by die oulike winkeltjies in. Daar is ook 'n verskeidenheid restaurante en kroeë in die omgewing.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4/5
Petro Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Boulevard D' Afrique, Broederstroom, Hartebeestpoort, 0240, Noordwes
- Gaste dink Ileven Heaven het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hartbeespoort Bojanala Noordwes
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Boulevard D' Afrique, Broederstroom, Hartebeestpoort, 0240, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang