Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Imberbe

Spesiale Aanbod 30% af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Sep 2024 tot 1 Des 2024.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moirastraat 16, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 R1 750 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Imberbe is 'n lieflike selfsorgwoonstel vir 4 gaste in Struisbaai en bied 'n onbelemmerde uitsig oor die oseaan.

Die eenheid is op die eerste verdieping van die hoofhuis en het 'n privaat ingang. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en gebruik 'n badkamer met 'n bad, handstort en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en-suite badkamer met 'n stort en toilet. Al die beddens het elektriese komberse. Daar is ook 'n buitestort met warm en koue water. Ingeboude kaste met genoeg pakplek is in elke kamer beskikbaar.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, breekware, eetgerei en 'n skottelgoedwasser, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Maaltye kan by die etenstafel geniet word en gaste kan in die sitarea voor die TV met DStv, Netflix en Showmax ontspan. Daar is ook WiFi en USB-koppelpunte vir herlaaibehoeftes.

Die leefarea lei na 'n groot stoep met braaigeriewe en 'n draagbare Weber braai. 'n Spesiale visbraairooster is beskikbaar. Onderdakparkeerplek is beskikbaar in 'n motorhuis met afstandbeheertoegang. Die motorhuis lei direk na die wooneenheid. Daar is trappe direk uit die motorhuis na die eenheid.

Pamflette met inligting oor uitstappies in die Strandveld, Overberg, asook aktiwiteite in Struisbaai en Agulhas is beskikbaar. Daar is bergfiets- en staproetes in die onmiddellike omgewing. Die seefront is 'n kort loopafstand (ongeveer 600 m) vanaf die eenheid.

Die woonstel word nie deur beurtkrag geaffekteer nie weens 'n omsetter-sisteem.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Malinda K
Saam met vriende
5.0
Heerlike kuier by Imberbe. Ons het heerlik gekuier by Imberbe. Die eenheid is skoon en netjies en niks ontbreek nie. Louisa het ons met heerlike panne...
Sien meer
Aug 2024
Wendy J
Saam met lewensmaat
5.0
Mooiste uitsig oor die see en pragtig, ingerigte woonstel. Ongelooflike uitsig oor die see, fantastiese woonstel wat keurig ingerig is en wonderlike, ...
Sien meer
Aug 2024
Fiona A
Saam met vriende
5.0
Goed gelee, a baie mooi huis en area. Sal definitief dit aanbeveel. Ons het 'n fantastiese tyd gehad. Die gashere was baie baie vriendelik en hulpvaar...
Sien meer
Jul 2024
Trevor A
Gesin met klein kinders
5.0
Great place, great view, great hosts, great experience. Our stay at Imberbe was fantastic. The place was beautiful, the view was fantas...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Ashraf H
Gesin met klein kinders
5.0
Beautiful views, cozy space and the most sincere and warm hosts. What a lovely stay at Imberbe. The hosts are sincere, warm and friendl...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Etienne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 50

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Moirastraat 16, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Imberbe het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
R2 500 R1 750
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 500
R2 500 R1 750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moirastraat 16, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA97130f9e2444135e6ad179f9e6c57903b14c08465059421331559a976c260192906c96da7e68eb0dcab2efcbef253833ee67?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 500 nouVanaf R1 750 per nag (plek vir 4) 50 5 1 5 16 Moira Street Struis Bay 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.810860078567 20.029666096166

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang