Tebuah Private Lodge, Mabalingwe
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige R600 skoonmaakfooi per bespreking.
Geniet afslag met hierdie spesiale aanbiedinge!
Ontdek uitstaande waarde met ons reeks spesiale aanbiedinge wat by hierdie eiendom beskikbaar is. *
Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 6 Jan 2025 tot 28 Feb 2025.
Kry 20% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R3000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
Die huis word skoongemaak voor aankoms en na vertrek. Daaglikse skoonmaakdienste is op versoek teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Let asb. dat dele van die huis via trappe bereik word en dus nie geskik mag wees vir klein kinders, bejaardes of gaste met gestremdhede nie.
Enige skade wat die bedrag van die breekskadedeposito oorskry sal van die gaste se rekening vereffen word.
Die breekskadedeposito sal 5-7 dae na vertrek terugbetaal word. Dit is gaste se verantwoordelikheid om hul bankbesonderhede vir die terugbetaling te verskaf.
Geen partytjies of geraas word na 22:00 toegelaat nie. Musiek word gedurende die dag toeglaat, maar slegs op 'n aanvaarbare vlak wat nie die bure sal steur nie.
'n Selfry wildritvoertuig is op versoek teen ekstra koste beskikbaar en sluit brandstof in.
Vullis moet asb. in die lodge gehou word of in die asblikke wat voorsien word, en rommel sal verwyder word wanneer huishoudelike dienste bespreek is.
Weerhou asb. om meubels rond te skuif, behalwe son- en opvoustoele. Dit beskadig die dek.
Gaste moet asb. alle breekware en eetgerei in die lodge bring voordat hul saans gaan slaap en voor hul die lodge verlaat.
Alle deure en vensters moet gesluit word wanneer gaste nie by die lodge is nie.
Alle vensters en deure moet gesluit word wanneer gaste uitklok.
Sleutels mag nie van die eiendom verwyder word nie en moet in die sleutelboksie toegesluit word, selfs wanneer gaste op 'n wildrit gaan.
Vuur word slegs in die toegekende gebiede toegelaat, naamlik die braai en boma.
Braaihout vir die boma, braai-area en kaggel kan teen 'n addisionele koste per sak bestel en afgelewer word.
Geen vuurmaakhout mag van die veld verkry word nie.
Bierbottels, -doppies en sigaretstompies wat in die veld gegooi word sal met 'n R500-skoonmaakfooi beboet word.
Enige skade wat veroorsaak word deur ongehoorsaamheid van die re?ls sal direk van die gaste gehef word.
Let asb. dat sommige dele van die perseel 'n grondpad is. 'n Voertuig met 'n hoë grondhoogte word dus aanbeveel.
Let daarop dat gaste met bespreking die volledige bepalings en voorwaardes soos deur die instansie verskaf word, moet aanvaar.
As hierdie reëls nie nagekom word nie, kan dit 'n boete van tot R7000 vereis of gaste kan van die Mabalingwe-natuurreservaat uitgesit word.
Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
-
Kapasiteit: 14 persone
10 volwassenes, 4 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R516, Cyferfontein, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang