Impala Lily
Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Impalalaan 4229, Marlothpark, 3100, Mpumalanga
-
Vanaf
R1 600R1 440 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Impala Lily is 'n selfsorgeenheid in Marlothpark, 'n bekende wildbewarea in Mpumalanga. Marlothpark is langs die Krugerwildtuin geleë en dié twee word deur die Krokodilrivier en 'n heining geskei. Marlothpark is die tuiste van verskeie wilde diere soos sebras, koedoes, wildebeeste, kameelperde, rooibokke en muishonde. Gedurende die dag is die omgewing ideaal vir stap al langs die rivier of om die bos te verken.
Impala Lily bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en 'n leefarea. Elke slaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster en 'n Nespresso-masjien toegerus. Daar is ook WiFi. Die leefarea lei na 'n beskutte stoep met 'n buite-etenstafel, sowel as 'n braai-area, 'n boma en 'n plonspoel.
Marlothpark het 2 winkelsentrums waar basiese benodigdhede verkoop word, 'n vulstasie, 'n klein kafee en 'n restaurant. Komatipoort en Malelane se winkelsentrums is ook naby geleë. Marlothpark het 2 ingange wat beman word. Daar is 'n paar restaurante in Marlothpark waar gaste etes en skemerkelkies kan geniet. Die area is bekend vir vierwielmotorfietsry, 4x4-roetes, staproetes en ikoniese besienswaardighede soos die Bushveld Atlantis en Lionspruit Wildreservaat. Nabygeleë aktiwiteite sluit Groot 5-kyk, fietsry, wildkyk, swem, voëlkyk, wildritte en bergfietsry in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Annene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 19
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Impalalaan 4229, Marlothpark, 3100, Mpumalanga
- Gaste dink Impala Lily het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Impalalaan 4229, Marlothpark, 3100, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang