Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Imvuko Safari Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 11 persone
    9 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Raasblaar-straat 3267, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R10 000 per nag (plek vir 11)

Beskrywing

Imvuko Safari Lodge is 'n ruim selfsorghuis wat in die asemrowende Marlothpark skuil. Die lodge is naby die Krugerwildtuin en bied luuksheid in die natuurskoon van die Afrika-bos. Dit is ideaal vir 'n groot gesin of groep vriende wat wil ontspanning of die opwinding van die natuur wil ervaar.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 9 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 4 en suite-slaapkamers en 'n gastetoilet. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en een van die kamers het ook 'n enkelbed vir 'n kind of 'n ekstra gas. Elke kamer het ook lugversorging, 'n waaier, klerekas of plek om klere te hang en 'n uitsig oor die bos. Twee van die badkamers het elk 'n bad en 'n stort, terwyl die ander 2 badkamers slegs 'n stort het. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, koffiemasjien en 'n yskas-vrieskas toegerus. Die sit- en eetareas het gemaklike sitplek vir gaste om te eet en te ontspan. Twee van die rusbanke kan in slaapbanke vir slegs kinders onskep word. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n ruim onderdakstoep met sitplek, braaigeriewe en 'n veerpyltjiebord. Hierdie verblyf het ook 'n swembad en 2 knus bomas. Gaste kan rustige boswandelings geniet. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 11 mense 4 Slaapkamers 1 Leefarea 5 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Leefarea

2

1 x Kinderbank vir 2

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
Grondpad
Openbare vervoer naby
Vervoerdienste
Volledige kombuis
Braai
Vuurmaakhout

Ligging

  • Raasblaar-straat 3267, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek
Vanaf
Vanaf R 10 000
per nag (plek vir 11)
Vanaf
Vanaf R 10 000
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
    9 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Raasblaar-straat 3267, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA32dd801050581cc4e72c3bbf1348be2929f5317afced2b90cde2e709658169390b3e6ee2a75a1324ec3f7fdef211c45b4085?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R10 000 per nag (plek vir 11) 3267 Raasblaar Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.33787 31.8081

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang