Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

In Toto Retreat

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jan Van Riebeek 55, The Island, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

In Toto Retreat bied gerieflike B&B-verblyf sowel as selfsorgverblyf in The Island, Sedgefield. Dit is ideaal vir ontspannings- en sakereisigers.

Hierdie gastehuis bied verblyf in 6 pragtige suites met en suite-badkamers. Die kamers het elk 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Een van die kamers het ook 'n slaapbank geskik vir 2 kinders. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien. Elke suite het 'n privaat ingang en geriewe soos 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Sommige suites het ook 'n mikrogolfoond en een van die kamers het 'n kombuis. Elke suite het 'n slim-TV met Netflix en toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Sommige kamers het 'n privaat balkon of 'n stoep.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike sitarea met 'n kaggel, verhitte swembad, kajakke en staanroeiplanke. Ontbyt kan in die eetarea geniet word. Die verblyf maak van sonkrag gebruik en word nie deur beurtkrag geraak nie. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die verblyf is sentraal geleë en sowat 1 km vanaf die gewilde Saturday Wild Oats Community Farmers' Market, die Scarab Village Craft Market en die Mosaic Village and Outdoor Market. Dit is ook 6 km vanaf Timberlake Village. Gaste kan die 4 strande in die omgewing besoek en natuurliefhebbers kan die 3 nasionale parke met uitkykpunte, voetslaan- en bergfietsryroetes deur die inheemse woude of fynbos verken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Forex

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Shenaye V
Saam met lewensmaat
5.0
Fabulous beautiful view, yummy breakfasts, great hosts! The rooms are beautifully decorated, spacious, with fantastic views from the up...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Franci B
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtig, rustig en veilig. Ek en my man het 'n heerlike naweek gehad. Verblyf was heerlik en gasvrou was baie behulpsaam en vriendelik. Ons sal beslis...
Sien meer
Feb 2024
Pieter V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie nice. Baie lekker bly plek.
Des 2023
Aimee P
Gesin met klein kinders
5.0
Perfect child-friendly getaway for all ages right by the river! Clean, all amenities within reach, smart yet comfortable and peaceful a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Rene V
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het ons verblyf baie geniet met pragtige uitsig van die rivier van die kamer. Alles was perfek, die gastehuis is netjies en skoon. Die gasvryheid ...
Sien meer
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Roland Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Jan Van Riebeek 55, The Island, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink In Toto Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jan Van Riebeek 55, The Island, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc394a46c0e88bb394898977995e141c38a3d43c3e4d23fba02d2d95ed448f06a7249ef46e9b2823f6ae60ebe8842515d8808?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 55 Jan Van Riebeek The Island 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.018328560968 22.774623111639

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang