Induku Lodge
Kry 15% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 30 Okt 2024 tot 2 Des 2024.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rinkhals-laan 2070, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
-
Vanaf
R3 000R2 550 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Induku Lodge is 'n lieflike grasdakhuis in Marlothpatrk, Mpumalanga. Die selfsorghuis bied slaapplek aan 8 gaste wat dit ideaal maak vir 'n gesin of groep vriende.
Dié huis beskik oor 2 slaapkamers op die onderste verdieping wat elk 'n koningingrootte-bed het en 2 slaapkamers op die boonste verdieping waarvan een 'n dubbelbed het en die tweede kamer 2 driekwartbeddens het. Linne en handdoeke word voorsien. Daar is 2 badkamers waarvan een 'n stort, toilet en 'n wasbak het en bo is en een het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak en is onder.
Daar is 'n lieflike area bo met 'n rusbank en hangmatte. Die kombuis is met 'n vierplaatstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, 'n broodrooster, eetgerei en breekware toegerus.
Die lodge is ideaal vir paartjies of gesinne wat tyd saam wil spandeer en die wild wat deur die tuin beweeg te bekyk. Benewens die voëllewe, loop spesies soos vlakvarke, sebras, koedoes, bosbokke, rooibokke, meerkatte, likkewane, wildebeeste, nagapies, ape en kameelperde in die omgewing rond. Gaste kan die leeus vanaf die dek in die nag hoor brul, terwyl die leeus van die Kruger deurkom en die inwonende leeus van Lionspruit uitdaag.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Tv
Ligging
- Rinkhals-laan 2070, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rinkhals-laan 2070, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang