Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Infinity

Selfsorg
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Summerhills-laan D102c, Summerveld, Hillcrest, 3610, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R3 350 per nag, vir 9 mense

Beskrywing

Infinity is 'n bekoorlike kothuis wat in Summerveld geleë is. Die kothuis is op die eienaar se perseel en dit het 'n privaat ingang. Die eenheid is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek.

Die kothuis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 3 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet, bidet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die beddens in die eerste en tweede slaapkamers kan op versoek as 2 enkelbeddens opgemaak word. Die laaste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed, asook 'n kombuisie en TV. Gehaltelinne en -badhanddoeke word voorsien.

Die leefarea het 'n eetarea, sitarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n vierplaatgastoof, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4 tot 6 gaste. Die sitarea het 'n sitkamerstel en 'n TV met DStv, asook 2 enkelbeddens vir kinders.

Daar is 'n swembad en 'n groot tuinarea wat ideaal is vir pieknieks. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Klein troetel diere is welkom, daar is ander diere op die eindom. (Perde, honde, katte, ganse, hoeders ens)

Kamer-opset

Slaapplek vir 9 mense 3 Slaapkamers 1 Leefarea 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet met bidet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderbed vir 1

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Leefarea

2

2 x Kinderbed vir 1

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Baie goed

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
3.7
Diens
3.7
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Conrad Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 5

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Summerhills-laan D102c, Summerveld, Hillcrest, 3610, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Infinity het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 350
per nag, vir 9 mense
Vanaf
Vanaf R 3 350
per nag, vir 9 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Summerhills-laan D102c, Summerveld, Hillcrest, 3610, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2e0ccab4b487d6272452c9dd96a065476009297ff5e7dbf94b280fa40e02b946a55e729232b08ec9f29bc0a39da4a3ead490?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 350 per nag, vir 9 mense 3 5 1 5 D102c Summerhills Avenue Summerveld 3610 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.801991041263 30.712188830233

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang