Infinity Unit 305
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Coral-weg 87, Table View, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R1 900 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Infinity Unit 305 is 'n knus selfsorgwoonstel in 'n veilige seefront-kompleks wat op Blouberg se strandfront geleë is en spog met asemrowende see-uitsigte met Tafelberg in die agtergrond. Dit is ideaal vir 'n klein gesin want dit is net 50 m van die strand af.
Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 'n stapelbed het. 'n Bad, stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne word voorsien; gaste word egter verplig om hul eie handdoeke saam te bring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Van die kombuis af lei 'n etenstafel en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste het volle toegang tot die gemeenskaplike swembad op die perseel, braaigeriewe, muurbalbaan en gimnasium. Die kompleks bied gaste veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Die ligging van hierdie eenheid is stapafstand vanaf die strand, talle winkels en gewilde restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Coral-weg 87, Table View, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Bloubergstrand Milnerton Rural Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Coral-weg 87, Table View, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang