Ini Boz Guesthouse
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 1 van Drie Vaderlandsche Rietvalleyen-plaas, 48 km vanaf Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
- Vanaf R3 300 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Ini Boz Guesthouse bied puik selfsorgvakansieverblyf in 'n ruim huis op 'n plaas sowat 48 km vanaf Laingsburg in die Karoo. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n groot groep vriende en familie om uit die stad te ontsnap, aangesien hierdie huis baie afgesonder is. Ini Boz kan tot 16 mense akkommodeer met reëling en teen addisionele fooi per persoon per nag.
Dié sonkrag-aangedrewe eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 16 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n enkelbed, die tweede en derde slaapkamers het elk 'n dubbelbed en 'n stapelbed en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n driestapelbed. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n stort, terwyl die tweede badkamer 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Opwaskamer is ook langs die kombuis beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet.
Boonop het hierdie ruimte 'n binnebraai wat ideaal is vir die winteraande. Tydens beurtkrag het hierdie eiendom sonkragligte. Neem asseblief kennis dat daar 'n grondpad is wat na die verblyf lei. Daar word van gaste verwag om by die instansie navraag te doen oor die toestand van die grondpad voor bespreking.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ligging
- Erfdeel 1 van Drie Vaderlandsche Rietvalleyen-plaas, 48 km vanaf Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 1 van Drie Vaderlandsche Rietvalleyen-plaas, 48 km vanaf Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang