Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Inibos Selfsorg

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Phillips Plaas, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Inibos Selfsorg is op 'n Karooplaas in die Drie Susters-omgewing geleë wat heeltemal omring word deur die natuur met vars lug, rustigheid, uitstekende Karoo-sonsondergange en warm gasvryheid. Die area is gewild onder diegene wat tussen Johannesburg en Kaapstad op die N1 reis.

Inibos spog met 'n vintage karavaan wat vanuit Duitsland ingevoer is en omskep is in 'n luukse selfsorg-eenheid met 'n sondek. Die karavaan het 'n dubbelbed en sy eie badkamer, braai- en kuierarea met 'n buitekombuis. Die kombuis is met 'n gasplaat, yskas, eetgerei en breekware toegerus.

Daar is ook 'n permanente tent met 'n pragtige uitsig oor die Karoo-vlaktes. Die tent het 'n koningingrootte-bed met wit gehaltelinne. Die tent het sy eie privaat badkamer, braai- en kuierarea met 'n buitekombuis.

Saans kan gaste sterrekyk en braai en bedags fietsry of die wandelpaaie gaan aandurf. Hier kan kinders die natuur in 'n veilige omgewing leer ken. Heerlike piekniekmandjies kan op versoek voorsien word om die pragtige sonsondergang vanaf 'n Karoo-koppie te besigtig. Inibos het ook n lieflike swembad tussen die rotse van die rivier.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 102 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Roland B
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtig. Vrede. Rus. Stil. Gasvryheid. Kosbare tyd. Ongelooflike tyd. Sal graag wil weer gaan kuier.
Okt 2024
Adriaan O
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike ondervinding, sal beslis weer kom kuier. Die blyplek was fantasties, lieflike natuur en baie rustig, het dit baie geniet, sal weer kom.
Okt 2024
Marietjie H
5.0
Uitstekend, rustig, fantastiese mense. Fantastiese plek. Gasvrye mense wat uit hul pad gaan om jou te akkommodeer. Ek sal Inibos enige tyd vir enige i...
Sien meer
Sep 2024
Alicia B
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklik, lekker, rustig. Ons het vreeslik lekker gebly en sal Inibos vir enige iemand aanbeveel!
Aug 2024
Johan D
Saam met lewensmaat
5.0
Gaan geniet die Karoo sterre. Was baie lekker om by die verblyf te bly. Dit wat jy lees is wat jy kry.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elzanne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 102

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Phillips Plaas, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
  • Gaste dink Inibos Selfsorg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Drie Susters Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Phillips Plaas, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA79dd8c8fd0b113ee09eb2232df478bed0df12d5cea49e91711997463039515a7263da88f44dd2c5877741f8be966efd0daa8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense 102 5 1 5 N1 Phillips Farm 6995 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -31.828073274318 23.440581178711

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang