Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Inkommers

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Companion-weg 20, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Inkommers is in Mtwalume en dit is net 100 m vanaf die strand en 2 km vanaf die hoofswemstrand.

Die verblyf beskik oor 'n woonstel met slaapplek vir 4 gaste en 'n aparte eenheid met 'n badkamer vir 2 gaste.
Kinders onder 3 jaar bly gratis.

Die hoofslaapkamer in die woonstel het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n kombuis wat ten volle toegerus is, sitkamer met rusbanke en DStv. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en deel die badkamer in die hoofslaapkamer. Die aparte eenheid het 'n dubbelbed, 'n TV met gedeelde DStv en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n buitestort met warm en koue water. Gaste moet hul eie swemhanddoeke en strandstoele saambring. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond en broodrooster toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet en in die sitkamer met DStv ontspan.

Daar is ook ’n ontspanningskamer met ’n pooltafel en ’n veerpyltjiebord. Ongelukkig word ekstra besoekers nie toegelaat nie.

Daar is 'n buitebraai-area en voldoende parkeerplek op die omheinde perseel en gaste kan in die tuin ontspan. Gratis hout is beskikbaar. Houtskool en vuuraanstekers kan voorsien word teen kosprys. Let asb. daarop dat die eienaars saam met hulle troeteldiere op die perseel woon. Op aanvraag kan gaste 2 klein tipe hondjies saambring. Katte word ongelukkig nie toegelaat nie.

Mtwalume bied verskeie aktiwiteite, soos visvang, branderplankry, swem of net lekker op die strand en rotse stap. Die sardientjieloop van Augustus tot Oktober is elke jaar 'n groot aantrekking. Groot getalle Walvisse kan ook van Junie tot einde November gesien word. Dolfyne is ook algemeen te sien. Die groot verskeidingheid voëls, skoenlappers, ape en reptiele is interresant om waar te neem. Gehoorsaam asb. die voorsorgmaatreëls wanneer die ape in die nabyheid is.
Die verblyf is 10 km noord vanaf Hibberdene, 36 km vanaf Port Shepstone en 90 km suid vanaf Durban.

Inkommers het batteryligte, binne en buite, sowel as watertenks.

Daar is baie besienswaardige plekke in die onmidellike omgewing om te besoek. Gratis brosjures is beskikbaar by die Toeriste Inligting kantoor op Hibberdene.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Antoinette A
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely amazing! It was peaceful, beautiful and amazing. We left there with heavy hearts as it felt like heaven. We both lead stress...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Hennie P
Saam met lewensmaat
5.0
Welkom, skoon, vriendelik en tuis. Oom Adriaan en Tannie Thea is sout van die aarde. Was welkom geheet en het sommer dadelik tuis gevoel. Loopafstand ...
Sien meer
Aug 2024
Lene N
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties! Goed ingerigte huis met baie vriendelike eienaars! Ons het heerlik gebly by Inkommers! Oom & Tannie het uit hul pad gegaan om ons en ons t...
Sien meer
Aug 2024
Lettie L
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam. Heerlike gasvrye mense, met skoon geriewe en dit is so rustig.
Jul 2024
Karlien W
5.0
Perfek, amazing, rustig, bekostigbaar, 5-ster plekkie. Dit was die beste en rustigste plekkie ooit. Oom At en tannie Thea is die dierbaarste mensies. ...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Adriaan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Companion-weg 20, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Inkommers het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Companion-weg 20, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb49a36f96e87218920e4f93eae64701e735c6ba0c082acb4a4c2523cb7eba11bef53b3260f52c076b9ca0eb3a346fc9a947a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 6 mense 39 5 1 5 20 Companion Way Mtwalume 4186 KwaZulu-Natal 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -30.497988788616 30.629030278025

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang