Inkwazi Game Breeders
- Kapasiteit: 23 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Dedimusplaas Erfdeel 3, Waterberge, Naboomspruit, 0530, Limpopo
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Inkwazi Game Breeders is 'n plaas in die Waterberg-streek van Limpopo. Die plaas bestaan uit meer as 'n duisend hektaar skilderagtige koppies en oop vlaktes met 'n verskeidenheid wildspesies soos Koedoes, Rooibokke, Kameelperde en Waterbokke om maar 'n paar te noem.
Verblyf bestaan uit 3 eenhede, die Eagle's Nest, Inkwazi Familie-eenheid en die King Fisher Damhouse. Eagle's Nest is 'n knus houthuisie wat op 'n dam gebou is en altesaam 4 mense akkommodeer. Hierdie eenheid het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens en 'n badkamer met slegs 'n bad. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met eetgerei, breekware, ketel, mikrogolfoond, stoof, yskas en vrieskas en 'n buitebraai-gerief.
Die Inkwazi Familie-eenheid bestaan uit 4 chalets en het slaapplek vir 9 gaste in totaal. Chalets sluit in die Eagle-kamer met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, die Cheetah-kamer met 'n dubbel- en 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, die Zebra-kamer met 'n dubbelbed en en suite-badkamer met slegs 'n bad en laastens die Kudu-chalet met 2 enkelbeddens en en suite-badkamer met slegs 'n bad. Ander geriewe sluit 'n kombuis, 'n sitkamer, 'n eetarea en 'n braai-area in.
Die knus King Fisher Damhouse is reg voor ons groot visdam geleë en kyk uit oor 'n pragtige, skilderagtige koppie. Dit is 'n tweeslaapkamerhuis met 2 badkamers met 'n bad of stort. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en en suite-badkamer met 'n bad. Daar is 'n solderarea bo-op die hoofslaapkamer met 2 enkelbeddens. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met die basiese eetgerei, breekware, ketel, mikrogolfoond, stoof, yskas en vrieskas, en 'n buitestoep en braaigeriewe. Beddegoed, toiletpapier, handdoeke en vuurmaakhout is ingesluit. Die King Fisher Damhouse is ideaal vir hengel-entoesiaste of watervoëlkykers.
Geriewe op die perseel sluit troeteldiere volgens reëling, selfsorg, 'n gastesitkamer en 'n braai-area in. Gaste is ook welkom om die doendinge op die perseel te geniet wat voëlkyk, bergfietsry en visvang insluit. Besoekers is welkom om deel te neem aan die boerderyaktiwiteite soos om die beeste te dip of pasgebore kalwers te merk.
Doendinge in die omgewing sluit perdry, voëlkyk en visvang in.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Danie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 54
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Dedimusplaas Erfdeel 3, Waterberge, Naboomspruit, 0530, Limpopo
- Gaste dink Inkwazi Game Breeders het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 23 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Dedimusplaas Erfdeel 3, Waterberge, Naboomspruit, 0530, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang