Inn on the Sea 3
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Marine-rylaan, Inn on the Sea 3, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 050 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Inn on the Sea 3 is 'n drieverdieping-selfsorgwoonstel in Ramsgate. Hierdie woonstel is in 'n veilige kompleks en is naby die strandmeer en die hoof-Blouvlagstrand geleë.
Die grondverdieping het stylvolle meubels, onbeperkte WiFi, 'n platskerm-TV en 'n ongelooflike uitsig oor die see en strandmeer. Daar is ook 'n toegeboude tuintjie en 'n gastetoilet.
Daar is 'n groot etenstafel met sitplek vir 8 gaste en 'n moderne kombuis. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof, wasmasjien, skottelgoedwasser en tuimeldroër toegerus.
Daar is 4 slaapkamers op die eerste verdieping. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n plafonwaaier. 2 van die slaapkamers het 'n pragtige see-uitsig.
Die hoofslaapkamer het 'n moderne en suite-badkamer met 2 wasbakke, 'n bad, 'n stort en 'n toilet. Die tweede moderne badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.
Die tweede verdieping het 'n sitarea met 'n ingeboude kroeg, 'n kombuisie, 'n balkon met dekstoele en 'n ketelbraai. Gaste kan ook vanuit hierdie verdieping die pragtige see- en meeruitsigte bewonder.
Die kompleks het 'n swembad, lapa, rugsteunwaterstelsel, asook 'n sonkragstelsel vir die buiteligte, elektriese heining en afstandbeheer-hek.
Die woonstel het 'n alarmstelsel en 'n outomatiese dubbelmotorhuis. Daar is winkels en restaurante naby aan die woonstel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Mandy Geverifieer
Eiendomme 94
Resensies 402
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Marine-rylaan, Inn on the Sea 3, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Inn on the Sea 3 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Ramsgate Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Marine-rylaan, Inn on the Sea 3, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang