Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Innikol 38

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Louis Fourie-weg, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Innikol 38 is 'n woonstel op die grondvlak met slaapplek vir 4 gaste in 'n sekuriteitskompleks in Hartenbos, Mosselbaai. Die woonstel is naby 'n rits winkels, restaurante, strande, doendinge en besienswaardighede.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 persone. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 driekwart beddens. Daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea wat geskik is vir 2 ekstra kinders. Die eenheid maak gebruik van 'n gedeelde badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien-tuimeldroër.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix, Disney+ en YouTube. Daar is ook 'n eetarea waar gaste maaltye kan geniet. 'n ingeboude gasbraai is beskikbaar.

Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig reg voor die eenheid.

Die eenheid is 'n kort motorrit vanaf restaurante, winkelsentrums en die ATKV-oord met sy warm en koue swembaddens. Mosselbaai bied 'n rits doendinge en besienswaardighede soos visvang, bergfiets- en 4x4-roetes, die Cape St Blaise-vuurtoring, die Garden Route Casino, Bartlomeus Dias Skeepsmuseum, en vele meer.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 99 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Katy J
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig, veilig. Baie lekker, stilte, rustigheid, goeie atmosfeer.
Sep 2024
Elsa D
Saam met lewensmaat
5.0
Stil en rustige plek. Ons het baie lekker gebly. Jacques is 'n uitstekende gasheer. Sal beslis weer van inikol gebruikmaak. Pragtige plek.
Aug 2024
Liza G
Gesin met klein kinders
5.0
Kwaliteit gesinstyd. Ons het baie lekker gebly. Die eenheid is goed toegerus.
Jul 2024
Sharozade A
Saam met vriende
5.0
Innikol 38 is the place to be, leka ruim en daar is als wat jy nodig het. Dit was 'n fantastiese naweek. Sal beslis weer gou daarna toe gaan. Die gash...
Sien meer
Jul 2024
Gerhard B
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig, lekker, perfek! Baie baie lekker gebly! Dit was elke oomblik 'n fees om hier te bly met fantastiese kommunikasie met die eienaar, Jacques. Die...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Jacques Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 112

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Louis Fourie-weg, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Innikol 38 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Louis Fourie-weg, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbtf7xDiGW6cxg4xQGhYyWqvssUttyuPqz6Lbj1Z5ny3xSZxBG3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 4) 99 5 1 5 Louis Fourie Road Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.134407911706 22.102882534393

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang