Inversanda Farm Cottages
- Kapasiteit: 21 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 29, Petrus Stroom-weg, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Inversanda Farm Cottages is in die pragtige Dargle-vallei in KwaZulu-Natal se Middellande geleë. Die verblyf is rustig en is slegs 15 minute se ry van Midmardam af, die tuiste van die bekende Midmar Mile. Inversanda is minder as 5 ure van Johannesburg af, en sowat 1,5 ure vanaf Durban.
Inversanda se oprit van 2,5 km neem gaste na die verblyf wat teen die voet van die amfiteaterberge lë.
Al die kothuise het panoramiese uitsigte. Selfsorgverblyf word in The Judge's House, die Farmhouse Private Wing en The Barn Cottage gebied. Elke kothuis het kombuisgeriewe. Gesonde plaasmaaltye is beskikbaar op versoek.
Daar is verskeie binne- en buitemuurse speletjies beskikbaar wat gaste kan geniet, insluitend legkaarte, jenga en scrabble, ’n pool-tafel en tafeltennistafel.
Die Umgeni-river kronkel deur die plaas en daar is verskeie piekniekplekke waar gaste kan ontspan. Gaste kan ook in die rivier of die swembad by die plaashuis swem. Daar is ’n trampolien vir die jongspan.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Baarshengel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Wat gaste dink
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Lucinda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Plaas 29, Petrus Stroom-weg, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Inversanda Farm Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Midlands Meander KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 21 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 29, Petrus Stroom-weg, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang