Apartment @ Island Paradise
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Le Ray-straat 23, The Island, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Vanaf R1 508 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Apartment @ Island Paradise is 'n selfsorgvakansiewoonstel op die boonste verdieping in The Island in Sedgefield. Dit is net 5 minute se stap van die Swartvlei-strandmeer en Saterdagoggend Wild Oats-markie af. The Island is 'n natuurbewarea en is vol pragtige voëls insluitend visarende. Dit is die ideale plek vir 'n rustige en vreedsame, stresvrye vakansie.
Die woonstel word bereik deur 'n stel trappe en het 'n privaat ingang. Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei kamers het ingeboude kaste. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel en koffiemaker toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met 4 stoele. Die sitarea het 'n L-vormige rusbank en 'n platskerm-TV. Die leefarea lei na 'n pragtige onderdakhoutdek met buitemeubels. Dit is 'n lieflike plek vir ontbyt of gaste kan net ontspan met 'n skemerkelkie na 'n dag by die strand. Die verblyf het 'n omsetter en 'n battery en ervaar dus nie beurtkrag nie.
Onder, in die tuin, is daar 'n plonspoel waarin gaste kan afkoel.
Gaste kan stap of fietsry om The Island te verken en die dorp is net 15 minute se stap ver. Dit is ook net 'n entjie se ry tot by die mooie Knysna, Pine Lake Marina, Wilderness-strand en Myoli-strand.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.2/5
Jennifer Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- De Le Ray-straat 23, The Island, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Gaste dink Apartment @ Island Paradise het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in The Island Sedgefield Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Le Ray-straat 23, The Island, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang